Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Soos gewoonlik hierdie tyd van die jaar, trek al wat Rustenburger is se bors toe van benoudheid - ja die langverwagte Rustenburgse Munisipale begroting van 2025/26 met tariewe wat normaalweg net een pad ken en dit is opwaarts!
Nuwe tariewe wat vanaf 1 Julie 2025 gehef gaan word is onlangs aangekondig en ‘n mens sal effens optimisties moet wees om te hoop dat die RLM sy verbruikers genadig sal wees met tariefverhogings wat min of meer inflasiekoersgedrewe is - die amptelike inflasiekoers is immers net 2.8%. 

Kom ons kyk wat in Julie 2025 vir verbruikers voorlê.
Basiese watertarief styg met 5.8%
Waterverbruik styg met 13.0%
Riooldienste styg met 13.0%
Vullisverwydering styg met 5.8%
Basiese elektrisiteit styg met 12.7%
Kragverbruik styg met 12.7%
Eiendomsbelasting styg met 4.4%
Vir die verbruiker is die slegte nuus boonop dat sommige van hierdie nuwe tariewe 464% hoër as die amptelike inflasiekoers is.
Hoe raak dit jou sak?
Kom ons kyk wat is die situasie met Jan Alleman: Ons veronderstel jou huis is gewaardeer teen R 2 700 000.00 (sommige huise se waardasies is ‘n jaar of wat gelede verdubbel!) met kragverbruik sowat 1 000 eenhede per maand en waterverbruik 30 kl per maand.
Vanaf 1 Julie 2025 gaan jou huishoudelike begroting soos volg daar uitsien: (BTW is by die nuwe tariewe ingesluit).
Ou tarrief/nuwe tarrief
Eiendomsbelasting: R1 305.00 - R1 362.42
Basies Water: R126.08 - R133.40
Waterverbruik: R829.43 - R937.25
Basies krag: R620.67 - R699.49
Kragverbruik: R3 133.14 - R3 531.86
Vullisverwydering: R211.74 - R221.05
Riool: R292.78 - R331.25
Totaal: R6 518.84 - R7 216.72 (10.7%)
Hierdie byna R700.00-verhoging is natuurlik op nabelaste geld en op ’n belastingkoers van 35% gaan die eerste R945.00 van jou salarisverhoging aan die munisipaliteit na belasting.
So nee, in alle billikheid nie ‘n gebruikersvriendelike Munisipale Begroting 2025/26 vir Rustenburgers nie.