BRITS POS – BRITS – Donderdag, 4 Desember was die Voortrekkermonument die gasheer van ’n uitsonderlike gebeurtenis. Die Risk & Reward-publikasie van skilder, Kobus Möller, waarvan slegs 500 eksemplare beskikbaar is, met individuele kunswerke, elk met sy eie karakter, kleurpalet en emosionele toon op die omslag. Dit is nie net ’n boek nie, dit is ’n kunswerk in eie reg, wat elke boek ’n versamelstuk maak.
OPKYK PATHWAYS - ‘n Skouspel van liggies
BRITS POS – BRITS – Die Fees van DIE LIG, wat by Opkyk Pathways, ‘n nie-winsgewende maatskappy, op De Kroon, gehou is, was niks minder nie as ‘n skouspel van liggies, waar die Ware Geskenk van Kersfees, Jesus, verheerlik is en die gemeenskap die vreugde van Sy geboorte saam kon vier.
PLAASMOORDE - ’n Donker werklikheid wat die regering hardnekkig ignoreer
BRITS POS – BRITS - TLU SA spreek sy afgryse uit en meen dit is onaanvaarbaar dat die regering sy plig en verantwoordelikheid nie nakom nie.
Ons sit met ’n regering sonder politieke wil, sonder beheer en sonder verantwoordelikheidsbesef. Hoeveel kruise moet nog op Ysterberg geplant word voordat die regering wakker skrik?
Moet ons net aanhou kruis ná kruis plant asof dit deel van die gewone gang van sake is?
Nóg ‘n gruwelmoord op bejaarde man
BRITS POS – RASHOOP - Boet Theunissen van Brits (74) is die nag van 28/29 November 2025 op ‘n plaas in Rashoop vermoor.
Theunissen het alleen gewoon, maar daar is nog wooneenhede op die plaas en klaarblyklik het niemand die skote gehoor nie. Daar is eers later Saterdag, op sy lyk afgekom.
Boet se seun, Wayne Theunissen het bevestig dat sy pa op die toneel dood verklaar is.
South Africa’s economy as bad as it was in 1945
BRITS POS – BRITS - South Africa’s period of low economic growth over the past decade is the weakest period for the local economy on record since 1945.
This has resulted in South Africans, on average, getting steadily poorer as population growth has outpaced economic growth.
The country’s economic malaise is largely a result of the collapse of investment in productive sectors of the economy, with the government allocating more resources towards consumption rather than investment.








