GEMSBOK-UPINGTON: Kort nadat die Gemsbok se berig oor die voormalige waarnemende munisipale bestuurder by die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit se onwettige posbekleding, is ‘n dringende virtuele spesiale raadsvergadering die afgelope Donderdag gehou, waarna die nuus gebreek het, dat die kontroversiële Alfred Tieties, met onmiddelike effek bedank het.
Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat Tieties deur die raad aangestel is om van Mei tot Julie in die pos waar te neem, met sy kontrak wat daarna elke drie maande verleng is.
Die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (Coghsta), Bentley Vass het teen die onwettige aanstelling afgeraai.
Vass het gesê dat Tieties nie die vereiste kwalifikasies, vaardighede, bevoegdhede of voorgeskrewe ondervinding vir die pos het nie.
Dkm sê oor wateruitdaging, -besparingplan en aanvraagbestuur, opgraderings projekte
GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het die afgelope week inwoners op hulle Facebookblad “formeel” ingelig dat daar ‘n waterverbruik-uitdaging is.
Die aanvraag het die afgelope 2-jaar erg toegeneem, weens die uitbreiding van dorpe en die infrastruktuur wat onder druk is.
Alle woongebiede word geraak weens die erge hitte asook toenemende aanvraag.
DKM vereis dat alle inwoners saam werk en “nakoming gee aan die goedgekeurde waterverbruik verminderings strategie. As ons nie vordering maak om te verseker dat verbruik verminder word nie, sal water onderbrekings meer gereeld, ernstig word en meer gebiede sal op ‘n voltydse basis geraak word!”
Waterbeperkings alleen sal nie DKM-waterkrisis oplos nie
GEMSBOK-UPINGTON: Ingeligtes meen Dawid Kruiper-munisipaliteit moet dringend ‘n operasionele plan implementeer om waterlekkasies en -verliese aan te spreek, en waterbestuur te verbeter, voordat ongedefinieerde en oop waterbeperkings op Upington-inwoners ingestel word.
Sommige raadslede het teen die waterbeperkings wat in ‘n spesiale raadsvergadering ter tafel gelê is, gestem.
“Dit is nie omdat ons gekant is teen waterbeperkings nie, maar eerder die munisipaliteit se poging om die blaam vir die watertekorte op inwoners te pak, terwyl ons geen inisiatief neem om groot munisipale wateronderbrekings aan te spreek nie.” sê raadslid Henk Opperman.
Dawid Kruiper verloor tans ongeveer 50% van drinkbare water weens lekkasies, benewens sy uiters lae reservoirkapasiteit weens jare se verwaarlosing en gebrek aan onderhoud.
ZFM MM bly in pos, al sê Coghsta dis onwettig
GEMSBOK-UPINGTON: Sosiale media is weer sedert verlede week aan die gons, nadat ‘n skrywe vanaf Coghsta (Dept Samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake) in die Noord-Kaap op verskeie Facebookblaaie gepubliseer is - waarin die departement die munisipale raad van die ZF Mgcawu Distrik Munisipaliteit maan, dat die waarnemende munisipale bestuurder nie oor die nodige posvereistes beskik nie.
“Die waarnemende aanstelling deur die munisipale raad is in stryd met die plaaslike regeringsregulasies oor die aanstelling en diensvoorwaardes van senior bestuurders, aangesien mnr Tieties se huidige pos as be-stuurder in die kantoor van die uitvoerende burgemeester is. Hy beskik nie oor die vereiste kwalifikasies, vaardighede, bevoegdhede en ondervinding soos voorgeskryf nie.” lui die skrywe.
Voormalige SAPD sersant kry lewenslank vir verkragting van twee minderjariges
GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok-streekhof het Calvin Brown(45) voormalige sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van verkragting van twee minderjariges.
Die beskuldigde was verbonde aan die maatskaplike misdaadafdeling en was verantwoordelik vir kinders met gedragsprobleme, terwyl hy in diens van die SAPD was. Die beskuldigde is ook van aanranding en regsverydeling aangekla.
In Oktober 2021 het die 17-jarige slagoffer na haar pa gesoek en die bystand van die beampte versoek aangesien hy ‘n vertroude lid van die polisie was. Die beampte het die slagoffer na die Polisieklubhuis vergesel op soek na haar pa aangesien daar beweer word dat hy by die klub sou wees.