GEMSBOK-UPINGTON: Sosiale media het nog nie ophou gons oor die munisipale bestuurspos kontroversie van die ZF Mcgawu Distriksmunisipaliteit nie.
Hierdie keer het die beweerde besluite van die uitvoerende burgemeester, raadslid Maureen Basson, ’n mosie van wantroue in haar leierskap tot gevolg gehad. Dit kom nadat die distriksburgemeester ‘n skriftelike opdrag van die LUR van CoGHSTA, Bentley Vass, wat in Mei vanjaar uitgereik is, geïgnoreer het.
Sy het ook die inhoud van die brief vir sewe maande van die raad weerhou, totdat nuus daarvan op sosiale media en in die Gemsbok bekend geword het - en sy dit nie meer kon wegsteek nie.
Luidens die brief het die LUR burgemeester Basson gewaarsku oor ongerymdhede in die aanstellingsproses van die waarnemende munisipale bestuurder, Alfred Tieties.
Buitelander-teenstand: Xenofobie of selfbehoud?
In gemeenskappe regoor die Noord-Kaap het groepe die afgelope weke opgeruk na buitelanders se Spaza-winkels - “om hulle eens en vir altyd uit ons gemeenskappe te dryf”.
Gemeenskapslede het gesê dat slegs plaaslike inwoners toegelaat moet word om as informele handelaars te werk in ondernemings soos salonne, spaza-winkels en groentestalletjies. Sommige gemeenskapslede het uitgespreek dat buitelanders slegs toegelaat moet word om besighede te bedryf as hulle ‘n minimum van R5 miljoen in die land belê.
Hulle het beklemtoon dat spaza-winkels aan verbruikers- en munisipale verordeninge sowel as gesondheids- en veiligheidsregulasies moet voldoen, om te verseker dat goedere van goedgekeurde verskaffers verkry word en dat persele sanitêr gehou en goed onderhou word.
Pakistanse sakelui keelvol vir misdaad in middedorp
GEMSBOK-UPINGTON: “Plaaslike” buitelandse sake-eienaars en lede van die Upingtonse gemeenskap, het Maandagoggend na die Upingtonse landdroshof opgeruk om hulle stemme oor die toenemende geweldsmisdaad in die sentrale sakesentrum en omliggende gemeenskappe te laat hoor.
Gemeenskapslede het hulle ondersteuning aan die buitelandse sake-eienaars, wie hoofsaaklik afkomstig is vanaf Pakistan, tydens die optog getoon.
Dit volg nadat ‘n familielid van die Pakistanse sake-eienaars die afgelope naweek - helder oor dag in die dorp geroof en aangerand is - sonder reaksie of hulp vanaf die publiek.
Die verdagtes is glo vort met ‘n groot bedrag kontant.
Skommeling in sleutelposte in grootste Noord-Kaapse munisipaliteite ‘n erkenning van krisis?
GEMSBOK-UPINGTON: Is die dramatiese middernagtelike aankondiging dat die burgemeester en speaker van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omstreke) en die burgemeester van die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit (Upington en omstreke) vervang gaan word, ‘n erkenning dat daar ‘n munisipale krisis in die provinsie is?
David Kazi sal glo as die Uitvoerende Burgemeester van Dawid Kruiper Plaaslike Munisipa-liteit ontplooi word, in die plek van die huidige uitvoerende burgemeester, Michael Sigede, wat in die Parlement sal dien.
Hou Gemsbok gerus dop vir meer hieroor...
Oranjerivier moet beskerm word te midde van Noord-Kaap se uitgebreide rioolaanleg mislukkings
GEMSBOK-DOUGLAS: Byna ’n maand ná die bekendstelling van die Vaalrivier Anti-Besoedelingsforum, doen verskeie rolspelers ’n beroep op die Departement van Water en Sanitasie (DWS) om ’n tydlyn te verskaf - vir sy planne om langdurige besoedeling aan te spreek, insluitend om rivierbesoedelaars aanspreeklik te hou.
Dit is bykomend tot vorige versoeke aan DWS, dat die Oranjerivier by die forum ingesluit moet word.
Hierdie jongste oproep kom na ‘n toesighoudende inspeksie na die samevloeiing van die Vaal en die Oran-jerivier in Douglas.
Organisasies meen na inspeksies aan Warrenton en Douglas, waar die Vaalrivier sigbaar besoedel was, “was dit verfrissend om ‘n relatief skoon en onaangeraakte stuk water waar te neem. Dit het ook die dringendheid beklemtoon waarmee ons rivierstelsel reggemaak en beskerm moet word, voordat meer daarvan besmet raak.”
Die Noord-Kaap is ‘n tikkende tydbom.