Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die afgelope paar maande het dit duidelik geraak dat die Dawid Kruiper Munisipaliteit beter klem begin lê het op dienslewering in hulle regsgebied.
Daar word daadwerklike pogings aangewend om ernstige probleem areas aan te spreek en langtermyn en permanente oplossings vir herhaalde probleme te vind.
Nie net word slaggate en vullisverwydering op ‘n daaglikse basis aangespreek nie, maar verskeie projekte is die afgelope maand aangewend om “ou” struikelblokke uit die weg te ruim.
In die afgelope week alleen het DKM hoëmas- en straatligte in verskeie areas herstel, die brug in die sakesentrum is in die proses om herstel te word, padverkeerste-kens word opgeknap en weer geverf, bome word gesnoei en die begraafplaas naby die spoorwegstasie is ook skoongemaak. “Ja, ons weet daar is nog ander diensleweringsprobleme wat moet aandag kry. Daar is ‘n paar rioolverstoppings wat net eenvoudig nie wil verdwyn nie, maar dit is ook belangrik om die nodige krediet aan DKM te gee, waar hulle dit verdien,” het Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder, gister aan die Gemsbok gesê.

Read more …DKM verbeter dienslewering

GEMSBOK-UPINGTON: AfriForum het vanjaar landwyd 189 vullisterreine geoudit, om die huidige toestand van munisipale en privaat vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal en vir die tweede agtereenvolgende jaar het die Noord-Kaap weer oor geen vullisterreine beskik wat aan minstens 80% van die ouditvereistes voldoen het nie. 
Hierdie oudit is gebasseer op data van oudits wat aan die begin van 2024 gedoen is.
Die Gemsbok het, saam met Afriforum Upington, verlede week besoek afgelê by die Dawid Kruiper Munisipaliteit se De Duine vullisterrein, wat slegs ‘n paar maande gelede nog in kontroversie omhul was.
Met hulle aankoms, was dit duidelik dat DKM daadwerklik veranderinge aan die werkinge van die vullisterrein aangebring het. 
Toegangsbeheer by die ingang na die stortingsterrein en kontrole  oor wie,  watter tipe vullis op die Upingtonse vullisterrein stort is opgeskerp.
 Volgens die oudit van skaars ‘n paar maande gelede het DKM ook nie oor ‘n afvalsbe-stuurplan vir die terrein beskik nie.
Op die oog af, het hierdie plan onlangs in werking getree en word vullis nou  in die grond gewerk om te verhoed dat rommel die wêreld vol waai   en daar was geen teken van oop vure op die terrein nie. 

Read more …Dinge werk nou anders by De Duine Vullisterrein

GEMSBOK-DANIELSKUIL: Kort nadat rolspelers gedreig het om die Groen Skerpioene te betrek, het die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit,  gesê die kontroversiële rioolstorting is opgelos en dat die munisipaliteit daartoe verbind is om die geaffekteerde gebiede te herstel en te verhoed dat soortgelyke voorvalle in die toekoms herhaal. 
Luidens die sosiale media persverklaring, het ’n onlangse rioolstorting, weens “’n onvoorsiene verstopping in die stelsel” plaasgevind. Die verstopping het gelei tot die oorloop en storting van riool, wat plaaslike gebiede binne die jurisdiksie beïnvloed het.”
Die burgemeester van KLM, Irene Williams, het die KLM tegniese span gelei - wat die situa-sie “proaktief aangespreek het, deur ‘n deeglike skoonmaak en herstel aan die rioolinfrastruktuur te doen, instandhoudingsprosedures te verbeter om toekomstige voorvalle te voorkom  en kommunikasie met inwoners te verbeter”.
Dit volg nadat rolspelers die vorige dag reeds aanduiding gegee het dat die  Groen Skerpioene  glo onderneem  om ondersoek in te stel na skadelike waterpraktyke deur die Kgatelopele munisipaliteit.
 Dit sluit in die pomp van afvalwater van die Omega pompstasie in die Daniëlskuil Pan. 
Inwoners gebruik die pan vir ontspanningsaktiwiteite, as ‘n visbron en as drinkwater vir diere.

Read more …Groen skerpioene ondersoek Daniëlskuil sanitasie

GEMSBOK-POFADDER: Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het saam met president Cyril Ramaphosa die belofte om geslagsgebasseerde geweld te beëindig, onderteken.
Met Vrouemaand in volle swang, sê inwoners van die Noord-Kaap dat - hoewel vordering gemaak is om vroue op te hef, meer gedoen moet word om die stryd teen geslagsgebaseerde geweld te wen.
“Vandag as vroue erken die regering ons en luister na ons stemme, en ons word in staatsdepartemente en in die parlement verteenwoordig. Vroue ly egter steeds in die hande van die plegers van geslagsgebaseerde geweld, en baie is vermoor deur diegene wat nie die rol of die belangrikheid van vroue in gemeenskappe verstaan ​​nie. Ons wens die regering kan meer doen om vroue te beskerm,” het Sandra Booi, ‘n inwoner van Pofadder, aan die media gesê.
Booi was een van honderde burgers wat Vrydag die nasionale herdenking van Vrouedag by Denis Nel-stadion in Pofadder, Noord-Kaap, bygewoon het.
Lettie Swart, ‘n inwoner van Upington, het   gesê die herden-king van Vrouedag demonstreer die regering se verbintenis tot die saak van vroue.

Read more …Noord-Kapenaars beklemtoon die rol van vroue in die samelewing

GEMSBOK-POSTMASBURG: Die watertoevoer na Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit is vandeesweek tot ‘n “aanvaarbare vlak” herstel, nadat beperkings ingestel is - weens miljoene rande wat aan die waterraad verskuldig is.
Die  Tsantsabane Munisipaliteit en Vaal Sentrale Waterraad is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aangemeld, vir hul “kollektiewe versuim” om toegang tot ‘n volhoubare watervoorraad te verseker.
James Boucher, ‘n raadslid van Tsantsabane, het gesê ‘n aantal gebiede, insluitend Boichoko, Airifields en Mountain View in Postmasburg, is vanaf 1 Augustus “hoog en droog” gelaat - as gevolg van die “massiewe uitstaande skuld van meer as R118 miljoen”.
“Swak finansiële bestuur deur die munisipa-liteit moet dringend aangespreek word aangesien mense se basiese reg op water geskend word,” het Boucher gesê.
“Ek het ’n dringende ingryping versoek om ’n ooreenkoms of skuldverligtings-program tussen die munisipaliteit en die waterraad te fasiliteer om te verseker dat die munisipaliteit sy finansiële verpligtinge in die toekoms nakom.”

Read more …Tsantsabane Munisipaliteit skuld R118 milj vir water

More Articles …