Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Lede van Mothibistad SAPD-lede het op 27 Februarie 2025 inligting opgevolg oor ‘n sekere huis in Magojaneng waar vee na bewering aangehou word.
Die inligting is geoperasionaliseer deur Vispol-bevelvoerder, kaptein Nomvuyo Makoloi, die speurbevelvoerder, kaptein Sethunya Letshwiti saam met Vispol-lede.
Die verdagte is geïdentifiseer en die voertuig wat vermoedelik die vee vervoer, is ook bevestig.
Met aankoms by die geïdentifiseerde perseel is die inligting bevestig dat die drie mans wat die Isuzu-bakkie bestuur het, vertrek het en met een skaap na Seodin gery het.

Read more …Veediewe loop hul rieme styf

GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaapse premier, dr Zamani Saul, het saam met die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, me Limakatso Koloi,  hulle by die provinsiale kommissaris, lt.genl Koliswa Otola aangesluit, toe sy die misdaadstatistieke vir die derde kwartaal van 2024/2025 bekend gemaak het.
Frances Baard-distrik is die hoogste aanmeldende distrik met betrekking tot die aangemelde 17 gemeenskapsmisdade wat ‘n afname van -5.7% weerspieël, John Taolo Gaetsewe-distrik ‘n afname van -11.6%, Namakwa-distrik ‘n afname van -7.9%, Pixley ka Seme ‘n afname van -1.4% en ZF Mgcawu-distrik het gevolg met ‘n afname van -8.7%.
Moord het met -10,7% afgeneem, met ‘n vermindering van 13 aangemelde sake vergeleke met die vorige jaar. 
Poging tot moord het met -1,3% afgeneem.
Die meerderheid oorsaaklike faktore wat lei tot moord, poging tot moord en aanranding GBH is argumente, misverstande en provokasie. 

Read more …Statistieke wys afname in meeste misdade in NK

Daar word by die Noord-Kaapse SAPD gepleit om die gevolge van die R50 miljoen-tekort te ‘versag’ - om polisiëringsvoertuigtoewysings aan stasies aan te spreek, ná die voortslepende hoë voorkoms van geweldsmisdaad in die provinsie.
Volgens die onlangse misdaadstatistieke soos verlede week vrygestel, het die aantal Noord-Kaapse stasies wat op die land se top 30-lyste waar klagtes vir poging tot moord, seksuele aanranding en ander ernstige misdade die meeste verskyn - van twee tot meer as vyf in die afgelope drie kwartale toegeneem.
Die provinsie is onder vier provinsies wat ‘n algehele toename in gewone aanranding en aanranding GBH weerspieël, wat toegeneem het met 126 sake in net drie maande.

Read more …R50 milj tekort aan polisievloot vererger misdaad in die N-Kaap

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit kondig met graagte aan dat die Nasionale Tesourie die eerste fase van ons skuldverligtingsprogram goedgekeur het, effektief vanaf 1 Julie 2023. 
Hierdie beduidende prestasie kom nadat Eskom bevestig het dat die gedeelte van hulle skuld, wat by die verligting ingesluit is, op 31 Maart 2023 R209 717 044,30 beloop.
Ter erkenning van ons aansienlike nakoming – met die bereiking van 86% voldoening aan die voorwaardes soos uiteengesit deur die Nasionale Tesourie gedurende die eerste siklus – het die Tesourie Eskom opdrag gegee om een ​​derde van ons munisipale skuld af te skryf.
 Dit is gelykstaande aan ‘n verligting van R69 905 681,43, wat binne die volgende 30 dae in Eskom se finansiële stelsel verwerk sal word.

Read more …Nama Khoi Munisipaliteit vier skuldverligtingsaanbeveling

GEMSBOK-UPINGTON: Die departement van onderwys het die afgelope week die ouers van twee laerskole op Upington herverseker dat alle maatreëls gevolg word, in die verwydering van die asbesgeboue waaruit die skole voorheen bestaan het.
Dit volg nadat ouers en gemeenskapsleiers verlede week in opstand gekom het, toe hulle deur ‘onbekende rolspelers’ op hol gejaag is, want die ou  asbesstrukture by die skole word glo sonder die nodige veiligheidsmaatreëls verwyder.                              Sosiale-media inskrywings het vertel hoe die Franciscus Primêre skool, net langs Intermediêre Skole Orange Oewer, in aanbou is.
Die ou skole is albei gebou met asbes materiaal en sommige gemeenskapslede het beweer dat die ou gebou gesloop word sonder behoorlike beplanning.

Read more …Ouers se vrese oor asbes aangespreek

More Articles …