Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, me. Venus Blennies-Magage, het die 2025/26 Begrotingswetsontwerp amptelik heropen, nadat die nasionale begroting se ongekende onttrekking provinsiale prosesse beïnvloed het.
Gesondheid en Onderwys bly prioriteitsektore te midde van fiskale druk.
Fondse is opsy gesit vir die aanstelling van dokters en die aanspreek van loondruk.
Die toelaag vir Vroeë Kinderontwikkeling het verhoog. Ten spyte hiervan is hulpbronne beperk, en fiskale dissipline is van kritieke belang.

Read more …Nuwe begroting vir NK bekend

GEMSBOK-KURUMAN: “ PSA het verlede week ‘n beroep op die bestuur van Kuruman-hospitaal, die bestuur van die John Taolo Gaetsewe-gesondheidsdistrik en die departementshoof (HOD) gedoen om onmiddellik in te gryp,  nadat video’s op sosiale media gewys het hoe pasiënte  op die vloer in gange slaap, asook oorvol vullisdromme en verstopte wasbakke.
Hierdie is maar net ‘n paar van die uitdagings wat die Kuruman-hospitaal tans in die gesig staar.
Steve Ledibane, provinsiale bestuurder van die Staatsamptenarevereniging (PSA), het verduidelik dat die hospitaal gesondheidsorgdienste aan meer as 14 000 pasiënte in Kuruman en omliggende dorpe verskaf.
“Dit is maklik toeganklik vir die meeste van die bevolking wat mediese aandag benodig, hetsy gedurende die week of oor naweke,” het Ledibane gesê

Read more …Pasiënte slaap op die vloer by Kuruman-hospitaal

GEMSBOK-UPINGTON: Voormalige hoof van die Departement van Paaie, Vervoer en Openbare Werke, mnr. Motlalepule Elia Selemela, me. Ruth Palm en voormalige direkteure van Babereki Consulting, me. Lorencia Crause, mnr. Louis Adriaab Van Niekerk, mnr. Edward Charles Petzer en mnr. Moyahi Winston Modisa, het  kortliks voor die Kimberley-landdroshof verskyn vir oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het ‘n lasbrief van J50 vir inhegtenisnemings in onderskeidelik Kimberley en Kaapstad uitgevoer.

Read more …Nog arrestasies oor bedrog by psigiatriese hospitaal

POSTMASBURG: Speurders van die Postmasburg Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid (GVS) het vinnig gereageer op ‘n bekommerde gemeenskapslid, wat ‘n moeder aangemeld het wat onlangs in die Marantheng-nedersetting in Postmasburg, fisies gesien is terwyl sy haar twee maande oue babaseuntjie mishandel het.
‘n Videogreep wat die mishandeling uitbeeld, het op 31 Mei 2025 op sosiale mediaplatforms versprei, wat gelei het tot die polisie se vinnige reaksie op hierdie ernstige voorval.

Read more …Ma wat baba op video mishandel gearresteer

GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se ondersoekbeampte vir ernstige korrupsie het op Woensdag 28 Mei 2025  die voormalige polisiebeampte, luitenant-kolonel Pieter Andries Nel, by sy woonplek in Upington gearresteer. 
 Luitenant-kolonel Nel was die hoof van finansiële dienste - SAPD by die ZF Mgcawu-distrik in Upington, getaak met die magtiging van betalings aan diensverskaffers, en die verblyf en reise van polisielede binne die Upington-distrik. 

Read more …Oud-polisieman in hof oor R1,2 milj transaksies

More Articles …