GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die voortgesette verbintenis tot die skep van ‘n veiliger Suid-Afrika, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Kaap verlede week intensiewe, hoëdigtheidsoperasies uitgevoer onder die vaandel van Operasie Shanela 2.
Hierdie weeklikse operasies het gefokus op prioriteitsmisdade regoor die provinsie en was daarop gemik om die gesag van die staat te bevestig.
In lyn met Vrouemaand en om die rol van vroue in wetstoepassing te vereer, is Operasie Basadi amptelik op 1 Augustus 2025 van stapel gestuur.
Voedselsekuriteit, klimaatsveerkragtigheid, boere-ondersteuning en werkskepping bo-aan LUR Manopole se begroting
GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir Landbou in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het die departement se 2025/26-begroting aangebied met die fokus op voedselsekerheid, klimaatsveerkragtigheid, boere-ondersteuning, jeugwerk en werkskepping deur landbou.
LUR Manopole het beklemtoon dat haar departement steeds vasbeslote is om ‘n inklusiewe en klimaatsveerkragtige benadering tot landbou-ontwikkeling te bevorder, een wat nie net ekonomiese groei bevorder nie, maar ook die noodsaaklike natuurlike hulpbronne wat dit onderhou, beskerm.
Die Departement het ‘n gewaagde, maar haalbare teiken gestel om landbou se bydrae tot 10% van die Provinsiale BBP te verhoog, gedryf deur die aanplant van hoëwaarde-gewasse, die herlewing van besproeiingskemas en uitgebreide belegging in landbouverwerkingsfasiliteite wat waarde toevoeg en werk skep langs die landbouwaardeketting.
Venter-moord: Verdagtes weer in hof
GEMSBOK-KURUMAN: Die vier verdagtes wat die afgelope week weer in verband met die moord op Hendrik Venter (81), ’n gerespekteerde veeboer van Kuruman, aangekeer is, het Maandag (4 Augustus) in die Landdroshof in Kuruman verskyn.
Potso Bogodile (21), Jan Tata (18), Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) is na volgehoue druk van AfriForum en ander rolspelers op 29 Julie vir ’n tweede keer in hegtenis geneem.
Die einste verdagtes is aanvanklik kort ná Venter se wrede moord op sy plaas op 27 September 2024 gearresteer.
Ten spyte van verskeie hofverskynings, is die saak op 10 April van die hofrol verwyder.
Nadat die saak van die hofrol geskrap is, het AfriForum en ander rolspelers op 2 Junie ’n dringende vergadering gehou om die regsonsekerheid en administratiewe versuim te bespreek.
Seitlholo besoek Kuruman en Wrenchville
GEMSBOK-KURUMAN: Die Adjunkminister van Water en Sanitasie, mnr. Sello Seitlholo, het ‘n toesighoudende besoek aan die rioolterreine by Die Oog van Kuruman en Wrenchville afgelê.
Die doel van die besoek was om die stand van waterbesoedeling in die gebiede te bepaal.
Die inspeksie het verder ten doel gehad om uitdagings en geleenthede vir verbetering in waterbestuur en besoedelingsbeheer te identifiseer.
Rosedale se vermiste skoolmeisies veilig gevind
GEMSBOK-ROSEDALE: Drie jong skoolmeisies wat vermis geraak het op pad skool toe in Rosedale, is na ‘n uitgebreide soektog veilig gevind.
Die Upingtonse-gemeenskap is hierdie week deur kommer geteister nadat drie jong skoolmeisies Donderdagoggend nie by die skool opgedaag het nie. Na afloop van ‘n noodkreet deur die skool, is ‘n dringende soektog met polisie-eenhede, Rhino Sekuriteit, gemeenskapspatrollies en besorgde inwoners van stapel gestuur.








