GEMSBOK-UPINGTON: Nadat ‘n kommerwekkend hoë vakaturekoers van 48% bekend gemaak is, sal ‘n gedetailleerde uiteensetting van konsultasiekoste uiteensetting wat deur die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke aangegaan is, baie vrae beantwoord.
Dit is tydens ‘n onlangse portefeuljekomitee- vergadering onthul dat die departement se versuim om infrastruktuurprojekte binne begroting en betyds te voltooi, grootliks te wyte is aan die hoë aantal vakatures in argitektuur, bourekenkunde, projekbestuur, werkinspeksie en ingenieurstegnologie.
Die departement het ook erken dat konsultasiedienste, om te vergoed vir afwesige gespesialiseerde tegniese vaardighede, duur is.
Antwoorde oor COGHSTA se R500 milj skuld, betalingsvertragings geëis
GEMSBOK-UPINGTON: Die feit dat COGHSTA skuld van R500 miljoen aan een implementeringsagent opgehoop het en nou bykomende hulpbronne uit die provinsiale beursie benodig, wek kommer oor die departement se vermoë om sy projekte te beplan, te befonds en te bestuur.
Dit voorspel ook nie goed vir die gladde aflewering van die R1 miljard behuisingsprojek nie.
Begrotingsbesnoeiings is ‘n fiskale realiteit, maar nie die enigste oorsaak van uitstaande geld nie en daar word van die Noord-Kaap Provinsiale Tesourie en die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA) verwag om betalings met betrekking tot provinsiale behuisingsprojekte te prioritiseer.
NK Boere bekommerd oor berging van kernafval in hul agterplaas
GEMSBOK-VAALPUTS: Tot op hede is slegs lae- en intermediêre kernafval by die Vaalputs-terrein in die Noord-Kaap weg- gedoen, maar die regering het nou besluit dat hoë-aktiewe afval na ‘n nuwe “sentrale tussentydse bergingsfasiliteit” gestuur sal word.
Boere van die Kamiesberg omgewing is bekommerd na regeringskennisgewings ‘n studie aankondig oor die omgewingsimpak van die omskakeling van hul agterplaas in ‘n kernafvalbergingsfasiliteit.
Volgens Dawie Burden, ‘n veeboer, was die kennisgewings aan hul hekke geplak wat hulle inlig oor ‘n “Omgewingsimpakbepalingsproses” in die plan om gebruikte kernbrandstof by die regering se Vaalputs-bergingsfasiliteit te berg, ongeveer 10 km van sy plaas af.
Venter-plaasmoord: Saak oorgeplaas na Hooggeregshof; beskuldigdes bly agter tralies
GEMSBOK-KURUMAN: Die saak van die vermoorde 81-jarige Hendrik Venter is nou nog ’n tree nader aan geregtigheid nadat die Landdroshof op Kuruman vandag beslis het dat dié saak na die rondgaande Hooggeregshof op Kathu oorgeplaas moet word.
AfriForum verwelkom hierdie kritieke verwikkeling wat daarop wys dat die staat die erns van dié misdaad insien deur dit na ’n hoër hof te verwys.
Voorts is AfriForum optimisties dat die oorplasing, in die geval van die skuldigbevinding van die beskuldigdes, tot ’n swaarder vonnis sal lei.
Nog onwettige tabakprodukte gevind
GEMSBOK- SPRINGBOK - Operasie Phakisa, gelei deur die Vioolsdrift-hawebevelvoerder, luitenant-kolonel James Pieters, is suksesvol in die Noord-Kaap afgehandel met die deelname van verskeie wetstoepassingsvennote.
Die operasie is uitgevoer tussen 28 Julie en 1 Augustus 2025, met die fokus op die Vioolsdrift- en Nakop-grensposgebiede.
Die fokus van hierdie operasie was op oorgrens-misdade, insluitend die verspreiding van dwelms, vuurwapens en ander onwettige kommoditeite. Die operasie is uitgevoer in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Doeane) en die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing.








