Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington-streekhof het Clifford Cloete (32) skuldig bevind en tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy moeder, Yvonne Cloete. Die voorval het op 13 Desember 2024 plaasgevind toe die oorledene saam met haar rolstoelgebonde lewensmaat huis toe gekom het. 
Toe sy die beskuldigde in sy stiefpa se hemp vind, het sy hom gevra om dit uit te trek. 
Die beskuldigde, wat ‘n geskiedenis gehad het van diefstal van kos en klere om sy tik- en mandrax-verslawing te befonds, het geweier. Toe sy moeder die hemp uittrek en buite haar hande gaan was, het hy haar gevolg en haar een keer in die nek gesteek.
Tydens die verhoor het Cloete onskuldig gepleit en beweer dat hy uit selfverdediging opgetree het. 

Read more …Upington-man tot 20 jaar gevonnis vir moord op sy ma

‘n Russiese vragvliegtuig, soos die een in die illustrasie, wat deur Abakan Air bedryf word, wat onder Amerikaanse sanksies is vir die beweerde vervoer van Russiese militêre toerusting tydens die Oekraïne-oorlog, het Donderdag op Upington geland. 
  Volgens Bloomberg het die vliegtuig algemene vrag, burgerlike helikopters en akrobatiese vliegtuie, afgelaai. Die landing het internasionale aandag getrek, aangesien die lugredery in Junie 2024 deur die VSA op die swartlys geplaas is. 
  Volgens mediaberigte het die Ilyushin IL-76 vragvliegtuig swaar gelaai geland - voordat dit later leeg gesien is toe dit by Lanseria-lughawe vir brandstof gestop het.
  Dié skuif beklemtoon Suid-Afrika se toenemend komplekse diplomatieke balanseertoertjie tussen Westerse bondgenote en Rusland, met wie dit bande deel deur die BRICS-alliansie.

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipale Rioolnetwerk is die belangike infrastruktuur van die dorp wat afvalwater van ons huise (toilette en badkamers) opvang en dit na die Kameelmond-afvalwaterbehandelingswerke vervoer.
Daar word alle afvalstowwe behandel en verwyder en sodat water weer veilig in die Oranjerivier ontlaai word.
Na aanleiding van die onlangse berigte in die Gemsbok oor probeme met die rioolstelsel, het mnr. Patrick Williams, woordvoerder van DKM, die volgende persverklaring gestuur:

Read more …Die oorsake van stortings en blokkasies in die rioolstelsel

GEMSBOK-SPRINGBOK: “Kern-afval of nie vir Namakwaland,” dis die vraag waarmee plaaslike inwoners alweer worstel.
 Dit, nadat daar op Maandag, 25 September, ‘n regerings-afvaardiging by Vaalputs was om die sogenaamde Vaalputs Nuclear Waste Disposal fasiliteit te gaan oorhandig.
 Vroeër was ‘n Nuclear Installation License aan die National Radioactive Waste Disposal Institute(NRWDI) uitgereik, om dit voortaan te bestuur. Dit beteken dat die Nuclear Energy Corporation of South Africa (NECSA) nie meer vir Vaalputs gaan beheer nie. 

Read more …Kern-afval in Namakwaland weer bekyk

GEMSBOK-UPINGTON: Die premier, dr. Zamani Saul, het op Erfenisdag die seremoniële hernoeming van Schröderstraat na Alfred Gubulastraat in Upington gelei.
Saul het gesê die hernoeming vorm deel van die regering se program om “ons helde en heldinne te vereer vir hul onselfsugtige stryd teen koloniale bewind. Tata’uAlfred Gubula was ‘n leier van die Verenigde Demokratiese Front. Hy was ook leier van die ‘Red die Patriotte-veldtog’, ‘n nasionale veldtog om alle kamerade in die doodsry regoor die land te red. Tata’uAlfred Gubula het die Paballelo-gemeenskapsopstande in die middel-1980’s gelei. Deur saam met menseregte-prokureurs te werk, het hy wêreldwye aandag op die Upington 26-saak gevestig. Dit is belangrik vir ons om te erken dat naamsveranderinge belangrik is vir ons om ons erfenis en kulturele identiteit terug te eis, asook om ons helde en heldinne te vereer wat geveg het vir die bevryding van hierdie land en hierdie provinsie.”

More Articles …