Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

‘n Russiese vragvliegtuig, soos die een in die illustrasie, wat deur Abakan Air bedryf word, wat onder Amerikaanse sanksies is vir die beweerde vervoer van Russiese militêre toerusting tydens die Oekraïne-oorlog, het Donderdag op Upington geland. 
  Volgens Bloomberg het die vliegtuig algemene vrag, burgerlike helikopters en akrobatiese vliegtuie, afgelaai. Die landing het internasionale aandag getrek, aangesien die lugredery in Junie 2024 deur die VSA op die swartlys geplaas is. 
  Volgens mediaberigte het die Ilyushin IL-76 vragvliegtuig swaar gelaai geland - voordat dit later leeg gesien is toe dit by Lanseria-lughawe vir brandstof gestop het.
  Dié skuif beklemtoon Suid-Afrika se toenemend komplekse diplomatieke balanseertoertjie tussen Westerse bondgenote en Rusland, met wie dit bande deel deur die BRICS-alliansie.

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipale Rioolnetwerk is die belangike infrastruktuur van die dorp wat afvalwater van ons huise (toilette en badkamers) opvang en dit na die Kameelmond-afvalwaterbehandelingswerke vervoer.
Daar word alle afvalstowwe behandel en verwyder en sodat water weer veilig in die Oranjerivier ontlaai word.
Na aanleiding van die onlangse berigte in die Gemsbok oor probeme met die rioolstelsel, het mnr. Patrick Williams, woordvoerder van DKM, die volgende persverklaring gestuur:

Read more …Die oorsake van stortings en blokkasies in die rioolstelsel

GEMSBOK-SPRINGBOK: “Kern-afval of nie vir Namakwaland,” dis die vraag waarmee plaaslike inwoners alweer worstel.
 Dit, nadat daar op Maandag, 25 September, ‘n regerings-afvaardiging by Vaalputs was om die sogenaamde Vaalputs Nuclear Waste Disposal fasiliteit te gaan oorhandig.
 Vroeër was ‘n Nuclear Installation License aan die National Radioactive Waste Disposal Institute(NRWDI) uitgereik, om dit voortaan te bestuur. Dit beteken dat die Nuclear Energy Corporation of South Africa (NECSA) nie meer vir Vaalputs gaan beheer nie. 

Read more …Kern-afval in Namakwaland weer bekyk

GEMSBOK-UPINGTON: Die premier, dr. Zamani Saul, het op Erfenisdag die seremoniële hernoeming van Schröderstraat na Alfred Gubulastraat in Upington gelei.
Saul het gesê die hernoeming vorm deel van die regering se program om “ons helde en heldinne te vereer vir hul onselfsugtige stryd teen koloniale bewind. Tata’uAlfred Gubula was ‘n leier van die Verenigde Demokratiese Front. Hy was ook leier van die ‘Red die Patriotte-veldtog’, ‘n nasionale veldtog om alle kamerade in die doodsry regoor die land te red. Tata’uAlfred Gubula het die Paballelo-gemeenskapsopstande in die middel-1980’s gelei. Deur saam met menseregte-prokureurs te werk, het hy wêreldwye aandag op die Upington 26-saak gevestig. Dit is belangrik vir ons om te erken dat naamsveranderinge belangrik is vir ons om ons erfenis en kulturele identiteit terug te eis, asook om ons helde en heldinne te vereer wat geveg het vir die bevryding van hierdie land en hierdie provinsie.”

GEMSBOK-UPINGTON: Net minder as ‘n jaar gelede het die omgewing gegons toe die nuus breek dat die  Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) die Dawid Kruiper Munisipaliteit binngeval en  beslag gelê het op kartonne vol dokumente en ander kantoor toerusting.
Ten tye van die voorval het dit gelyk asof die SOE ‘n baie spesifieke ondersoek geloods het, nadat dit aan die lig gekom het dat hulle op dokumente wat 24 kontrakte, wat deur die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap uitgereik is, behels. Die dokumente sou dien as bewysstukke as deel van sy ondersoek na beweerde korrupsie, bedrog of wanadministrasie.
SIU-amptenare, bygestaan ​​deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en     Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke), het  op die munisipaliteit se kantore toegeslaan, nadat  ‘n lasbrief  deur die Upington-landdroshof toegestaan ​​is.

Read more …Doodse stilte na SOE inval op DKM se kantore

More Articles …