Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die waaksaamheid van die Springbok SAPD K9-span, met die bekwame opsporingshond Ozzy aan diens, het plaaslike lof verdien - nadat hulle drie verdagtes, wat in besit van renosterhorings en beskermde plante gevind is, aangekeer het.
 Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers Timothy Sam, het gesê die owerhede het inligting ontvang oor ‘n ongeïdentifiseerde voertuig wat vermoedelik renosterhorings langs die R355-pad tussen Springbok en Gamoep vervoer het op 11 November. 
Op grond van hierdie inligting het die polisie ‘n voertuigkontrolepunt op die roete gevestig en alle verbygaande voertuie deurgegaan.
Tydens die operasie het Ozzy, ‘n K9 wat spesialiseer in die opsporing van beskermde spesies, beamptes gewaarsku oor verdagte bagasie in een van die gestopte voertuie.

Read more …Drie vas vir renosterhorings en beskermde plante

GEMSBOK-KURUMAN: Die Valke en die Batebeslagleggingseenheid het ‘n finale beslagleggingsbevel vir ‘n Mercedes-Benz teen ‘n 59-jarige Noord-Kapenaar, na sy inhegtenisneming in ‘n operasie in Kuruman wat die onwettige handel in ietermagogge teiken, verkry.
Die Valke se eenheid vir gespesialiseerde ondersoek en batebeslaglegging vir prioriteits-misdaad het ‘n finale beslagleggingsbevel vir ‘n Mercedes-Benz teen Neo Tongwane (59) suksesvol verkry.
Die hooggeregshof in Kimberley het die bevel op 6 November toegestaan. Volgens ao Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, volg die beslaglegging op Tongwane se inhegtenisneming in Julie 2023.

Read more …Deurbraak vir Valke in Ietermagoghandelsaak

GEMSBOK-UPINGTON: Na aanleiding van berigte oor pakkies ‘crisps’ wat onbekende pille bevat, wat ten minste twee maal in die omgewing opgeduik het, het die Gemsbok bietjie gaan ondersoek instel.
Dit volg nadat ‘n polisie-ondersoek van stapel gestuur is, nadat twee geheimsinnige wit pille na bewering ontdek is binne ‘n pakkie skyfies (crisps)  - wat glo deur leerders van Laerskool Kenhardt by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is.
 Die ontstellende vonds is na bewering aangemeld deur ‘n graad 4-leerder, wat die pille onder ‘n onderwyser se aandag gebring het. 

Read more … Pille in ‘crisps’: Vrees of Facebookfoefies?

GEMSBOK-UPINGTON: Die Valke se Prioriteitsmisdaad Spesiale Ondersoek-span en die Batebeslagleggingseenheid in die Noord-Kaap is ‘n finale verbeurdverklaringsbevel teen die voormalige finansiële hoof (HFB) van die departement van paaie en openbare werke, Bradley Slingers (58), toegestaan.
Slingers is by ‘n padblokkade naby Shell Ultra City op die N12 voorgekeer, waar die polisie ‘n groot bedrag kontant in sy voertuig ontdek het.
Ao Nomthandazo Mnisi, provinsiale woord-voerder van die Valke, het gesê dat die verbeurdverklaringsbevel op 7 November in die Noord-Kaapse hooggeregshof toegestaan ​​is, ná Slingers se inhegtenisneming op 16 November 2023.

Read more …Valke kry verbeuringsbevel teen Bradley Slingers

GEMSBOK-KAMIESKROON: ’n 41-jarige munisipale bestuurder het vandeesweek vlugtig in die Garies-landdroshof verskyn op aanklagte kragtens die Wet op Pen-sioenfondse 24 van 1956.
Volgens ao Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, is Beukes op 7 November deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan by sy werkplek gearresteer.
As munisipale bestuurder van Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit in Garies het Rufus Beukes na bewering versuim om tussen September 2019 en April 2024 bydraes wat van werknemers se salarisse afgetrek is, asook werkgewerbydraes, aan die Gekonsolideerde Aftreefonds (CRF) te betaal en/of laat betalings gemaak het.  Die uitstaande rente op hierdie laat betalings het R2 miljoen oorskry.
Beukes is op borgtog van R10 000 vrygelaat, en die saak is tot 5 Desember vir regsverteenwoordiging uitgestel.

More Articles …