GEMSBOK-KURUMAN: Otsile Shadrack Gaegoroge (49) het die afgelope week, op aantygings van korrupsie en poging om die einde van geregtigheid te minag, ‘n kort verskyning voor die Kuruman-landdroshof gemaak .
Hy is op Maandag, 24 Junie 2024 gearresteer as ‘n bykomende verdagte in die voortslepende bedrog- en korrupsiesaak, waar daar beweer word dat die voormalige kaptein Nogaga verbonde aan DPCI Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek in die jaar 2021 ‘n informant se beloning eis van R100 000 ingedien en aanbeveel het.
Die polisie se eiskomitee het ’n betaling van R80 000-00 tot voordeel van die genoemde polisie-informant goedgekeur.
Formidabele vrou oorlede
GEMSBOK-UPINGTON: Een van Upington se voorste sakevroue, Adéle Strauss, is verlede week na ‘n kort siekbed oorlede.
Adéle was nie net ‘n sakevrou om mee reke-ning te hou nie, maar ook ‘n vrou vir haar man Nico, moeder vir Anél, De Wet en De Villiers en vriendin en kennis van baie mense van regoor die land en selfs die buiteland.
Anél sê mense van heinde en verre het vir haar ma gebid toe sy so siek was en nou, na haar afsterwe, kom ondersteuning vir hul familie, uit alle oorde.
Anél noem dat haar ouers beste maats was. Pa Nico het haar laat vlieg, sy het die planne gehad en hy moes dit laat werk.
Adéle se dood is omtrent ‘n jaar nadat die Gemsbok die 30ste bestaansjaar van die kleur-volle winkel, Tikéta, op die hoek van die Kgalagadi Pick en Pay Sentrum gevier het. Dit was een van Adéle se groot liefdes, modes en kleur.
Boegoebergdam leeggemaak vir instandhouding
GEMSBOK-BOEGOEBERG: Boegoebergdam sal volgens ingeligtes van 16 Junie tot 7 Julie leeggemaak wees - om voorsiening te maak vir jaarlikse instandhoudingswerk.
Beduidende werk word aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen.
Die waarnemende woordvoerder van die departement van water en sanitasie, Andile Tshona, het gesê aansienlike werk sal aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen word.
“Die instandhoudingswerk sal die regmaak van vier hidrouliese sluise, die opknapping van hidrouliese silinders en die vervanging van buigsame pype insluit,” het Tshona gesê.
Besoedeling by mall, skole en rivier ondersoek
GEMSBOK-UPINGTON: Na afloop van die ter plaatse vergadering tussen rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - vroeër vanjaar met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, het alle rolspelers ooreengestem dat ‘n onafhanklike party genader sal word om die waterkwaliteit van die hele strook, tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal ,wat onder die treinbrug in Schröderstraat, te toets - en dat ‘n oplossing volgens die bevinding gesoek sal word.
Die verslag is die afgelope week deur Fritz Bekker, van Clean Stream Enviromental Services, bekendgestel.
Vorige stortings van onbehandelde munisipale rioolwater in hierdie seisoenale stroom het gelei tot reukoorlas en die persepsie dat die oorsprong van oppervlakvloei in hierdie stroom van ‘n gekompromitteerde rioollyn is.
‘n Terreinbesoek is op 21 Mei 2024 onder-neem.
Miljoene se sigarette afgevat
GEMSBOK-UPINGTON: Die SAPD in die ZFM-distrik gaan voort met pogings om die ruimte vir kriminele aktiwiteite te minimaliseer.
Lede van Upington Grenspolisie en K9-eenheid het op Vrydag, 14 Junie 2024 gereageer op inligting oor die beweerde verkoop van onwettige sigarette by een van die winkels in Upington.
Hulle het die inligting geoperasionaliseer en die winkel is vir inspeksie besoek.
Tydens inspeksie het hulle sigarette gevind wat in ‘n stoorkamer aan die agterkant van die perseel versteek was.
Die eienaar kon egter nie fakture vir die sigarette verskaf nie en daar is beslag gelê op 153 kartonne sigarette ter waarde van R 3 901 500.00.