Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KAKAMAS: Die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit het vyf werksdae om op ’n brief van AfriForum oor die ernstige rioolprobleem in Kakamas, Kenhardt en Keimoes te reageer. 
Indien die burgerregteorganisasie geen terugvoer ontvang nie sal verdere stappe oorweeg word, omdat die rioolbesoedeling verrykende gevolge vir menslike gesondheid en die omgewing inhou.
In die brief wat AfriForum vandag (16 September) aan Obakeng Isaacs, die munisipale bestuurder van die Kai !Garib-munisipaliteit, gestuur het, eis die organisasie dat die munisipaliteit onmiddellik aandag gee aan die mangate in Kakamas, Kenhardt en Keimoes wat oorloop. 

Read more … AfriForum eis Kai !Garib om dringend by rioolkrisis in te gryp

 GEMSBOK-UPINGTON: President Cyril Ramaphosa het die afgelope week Proklamasie 185 van 2024 onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) magtig om bewerings van ernstige wanadministrasie in die sake van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap te ondersoek en om enige finansiële verliese wat deur die Staat of Munisipaliteit gely is, te verhaal.
Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SIU, het gesê die aanstelling van privaat sekuriteitsmaatskappye van Desember 2019 tot Desember 2020 sal deel van die ondersoek vorm.
“Die aanstelling van advokate en regsfirmas tussen 2010 en 2020 sowel as die aanstelling van ‘n diensverskaffer om tussen 2018 en 2019 deursigtige heinings te verskaf en te bou, sal ook onder die loep geneem word,” het Kganyago gesê.
Hy het bygevoeg dat die ondersoek ook die huur van ‘n trekker-laaigraaf en ‘n wipbakvragmotor vir 30 dae, vanaf 27 Augustus 2017, sal ondersoek om stortingsterreine in Askham, Welkom, Klein en Groot Mier en Rietfontein te ontwikkel.

Read more …President loods spesiale ondersoek na “ernstige wanadministrasie” by DKM

GEMSBOK-UPINGTON: Daar heers ‘n oorverdowende stilte oor die vordering van die moordsaak, waar ‘n beweerde inbreker, ‘n 37-jarige lid van die gemeenskap - wie wou help om hom vas te trek, doodgesteek het.
In Mei vanjaar het die Gemsbok berig oor die kontroversie van die vermoedelike “reeks inbreker” en beweerde moordenaar, wie na sy hoogs ‘traumatiese’ arrestasie, dieselfde week sommer deur die hof vrygelaat en sy saak nie op die hofrol aangebring is nie.
Volgens  Herman Espach, van Rhino Sekuriteit op Upington, word die verdagte daarvan verdink dat hy  by verskeie inbrake betrokke was.
Rhino, in samewerking met verskeie afdelings van die SAPD, het sedert die nuutste inbraak in Keidebees, leidrade opgevolg en eindelik op die spoor van die vermoedelike inbreker gekom.
Hy is in ‘n informele woongebied naby Rosedale opgemerk en Rhino het dadelik gemobiliseer om hom vas te trek.

Read more …Moordsaak sterf stille dood

GEMSBOK-KLEINZEE: As deel van die onderdrukking van onwettige mynbou en verwante misdade in die Noord-Kaap, het multi-dissiplinêre spanne van Operasie Vala Umgodi ‘n man gearresteer vir die besit van ‘n vermoedelik ongeslypte diamant en agt ander vir die oortreding van die Immigrasiewet in die Frances Baard- en Namakwa-distrikte.
Provinsiale polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het gesê die Namakwa-span het die aand van 11 September ‘n wenk ontvang oor ‘n voertuig wat vermeende onwettige mynwer-kers tussen Kleinzee en Koingnaas vervoer het. 
Op grond van hier-die inligting het die span die voertuig langs die R355-pad onderskep.

Read more …Nege in hegtenis geneem vir besit van ongeslypte diamante, immigrasie-oortredings in Noord-Kaap

GEMSBOK-PORT-NOLLOTH: Die multidissiplinêre Operasie Vala Umgodi-span in die Namakwa-distrik, bestaande uit SAPD- en SANW-lede, het Saterdag vier individue vir onwettige jag in hegtenis geneem.
‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers Merapelo Pilane, het gesê die span het gereageer op inligting oor onwettige mynbedrywighede by ‘n wildplaas, Toe hulle die polisie sien naderkom, het hulle in ‘n groen Mitsubishi Colt-bakkie weggejaag.

Read more …Vier gevang vir onwettige jag ná hoëspoed polisie agtervolging

More Articles …