GEMSBOK-DANIELSKUIL: Kort nadat rolspelers gedreig het om die Groen Skerpioene te betrek, het die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit, gesê die kontroversiële rioolstorting is opgelos en dat die munisipaliteit daartoe verbind is om die geaffekteerde gebiede te herstel en te verhoed dat soortgelyke voorvalle in die toekoms herhaal.
Luidens die sosiale media persverklaring, het ’n onlangse rioolstorting, weens “’n onvoorsiene verstopping in die stelsel” plaasgevind. Die verstopping het gelei tot die oorloop en storting van riool, wat plaaslike gebiede binne die jurisdiksie beïnvloed het.”
Die burgemeester van KLM, Irene Williams, het die KLM tegniese span gelei - wat die situa-sie “proaktief aangespreek het, deur ‘n deeglike skoonmaak en herstel aan die rioolinfrastruktuur te doen, instandhoudingsprosedures te verbeter om toekomstige voorvalle te voorkom en kommunikasie met inwoners te verbeter”.
Dit volg nadat rolspelers die vorige dag reeds aanduiding gegee het dat die Groen Skerpioene glo onderneem om ondersoek in te stel na skadelike waterpraktyke deur die Kgatelopele munisipaliteit.
Dit sluit in die pomp van afvalwater van die Omega pompstasie in die Daniëlskuil Pan.
Inwoners gebruik die pan vir ontspanningsaktiwiteite, as ‘n visbron en as drinkwater vir diere.
Noord-Kapenaars beklemtoon die rol van vroue in die samelewing
GEMSBOK-POFADDER: Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het saam met president Cyril Ramaphosa die belofte om geslagsgebasseerde geweld te beëindig, onderteken.
Met Vrouemaand in volle swang, sê inwoners van die Noord-Kaap dat - hoewel vordering gemaak is om vroue op te hef, meer gedoen moet word om die stryd teen geslagsgebaseerde geweld te wen.
“Vandag as vroue erken die regering ons en luister na ons stemme, en ons word in staatsdepartemente en in die parlement verteenwoordig. Vroue ly egter steeds in die hande van die plegers van geslagsgebaseerde geweld, en baie is vermoor deur diegene wat nie die rol of die belangrikheid van vroue in gemeenskappe verstaan nie. Ons wens die regering kan meer doen om vroue te beskerm,” het Sandra Booi, ‘n inwoner van Pofadder, aan die media gesê.
Booi was een van honderde burgers wat Vrydag die nasionale herdenking van Vrouedag by Denis Nel-stadion in Pofadder, Noord-Kaap, bygewoon het.
Lettie Swart, ‘n inwoner van Upington, het gesê die herden-king van Vrouedag demonstreer die regering se verbintenis tot die saak van vroue.
Tsantsabane Munisipaliteit skuld R118 milj vir water
GEMSBOK-POSTMASBURG: Die watertoevoer na Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit is vandeesweek tot ‘n “aanvaarbare vlak” herstel, nadat beperkings ingestel is - weens miljoene rande wat aan die waterraad verskuldig is.
Die Tsantsabane Munisipaliteit en Vaal Sentrale Waterraad is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aangemeld, vir hul “kollektiewe versuim” om toegang tot ‘n volhoubare watervoorraad te verseker.
James Boucher, ‘n raadslid van Tsantsabane, het gesê ‘n aantal gebiede, insluitend Boichoko, Airifields en Mountain View in Postmasburg, is vanaf 1 Augustus “hoog en droog” gelaat - as gevolg van die “massiewe uitstaande skuld van meer as R118 miljoen”.
“Swak finansiële bestuur deur die munisipa-liteit moet dringend aangespreek word aangesien mense se basiese reg op water geskend word,” het Boucher gesê.
“Ek het ’n dringende ingryping versoek om ’n ooreenkoms of skuldverligtings-program tussen die munisipaliteit en die waterraad te fasiliteer om te verseker dat die munisipaliteit sy finansiële verpligtinge in die toekoms nakom.”
Kai !Garib vir die laaste keer oor dienslewering gevra, nou dreig regstappe
GEMSBOK-KAKAMAS: Ondanks verskeie optogte, aanmanings, petisies en skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit om basiese dienste aan Kakamas, Keimoes en Kenhardt te lewer, blyk dié munisipaliteit steeds onwillig te wees om die gemeenskap se probleme oor dienslewering op te los.
AfriForum het gister ’n finale skrywe aan Obakeng Isaacs, die munisipale bestuurder, gestuur oor die toestand van dié drie dorpe.
Die burgerregte-organisasie dring in sy skrywe aan dat die munisipaliteit dadelik met werkbare oplossings vorendag kom om die gebrekkige diens-lewering die hoof te bied.
Indien die munisipaliteit versuim om dit te doen, gaan AfriForum regstappe teen die munisipaliteit doen om hom tot verantwoording te dwing.
“AfriForum oorweeg ook die moontlikheid om stappe te doen om die munisipaliteit onder administrasie te laat plaas, aangesien die volgehoue versuim om verpligtinge na te kom, inbreek maak op inwoners se basiese menseregte. Dit is tyd dat die munisipaliteit sy kant bring, of die gevolge van sy wanbestuur ly.
Indien daar nie teen die munisipaliteit opgetree word nie, gaan hierdie dorpe heeltemal ten gronde gaan,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.
Petisie vir heropening van Upington Burgersentrum
GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers samel tans handtekeninge in vir ‘n petisie om Dawid Kruiper-munisipaliteit se ou burgersentrum weer in werking te stel.
Die sentrum, geleë in Progress, was eens die grootste munisipale diensleweringsterrein in Dawid Kruiper, wat die breër Upington-gemeenskap bedien het. Dit het twaalf jaar gelede gesluit, wat aansienlike ontwrigtings in toegang tot diens-te tot gevolg gehad het, wat groot ongerief veroorsaak het vir inwoners wat vroeër hul rekeninge kon betaal en elektrisiteit by die fasiliteit kon koop.
Inwoners moes se-dertdien hul pad na die munisipale gebou in die dorp maak, wat lang toue skep terwyl die burgersentrum nie net ongebruik staan nie, maar ook al hoe meer verval en die prooi van misdadigers word.
Die lugversorgers is gesteel, asook die twee klein ingangshekke en plaveisel, onder meer.