GEMSBOK-UPINGTON: Die drie beskuldigde Nigeriese burgers - wat aangekla word van sameswering om moord te pleeg, sowel as verkragting - het in die Upington-distrikshof verskyn, waar hulle amptelik om borgtog aansoek gedoen het.
Die drie beskuldigdes was deel van ‘n groep van sewe verdagtes wat op 15 Oktober 2023 in Upington gearres-teer is.
Die beskuldigdes Paul Ogor Ndudiokwe (46), Obinna Igbo-kwe (39), en Kenneth Ozor Onurarah (53), word saam met ander verdagtes daarvan beskuldig dat hule in ‘n vergadering - wat by ‘n huis naby die dorp in Upington gehou is, saamgesweer het om sekere polisiebeamptes te vermoor.
Hulle motief om die polisiebeamptes te wil vermoor, is omdat hulle hul gereeld arresteer vir die besit of handel, van dwelms. Hierdie arrestasies het hul besigheid seergemaak en veroorsaak dat hulle geld verloor het.
DKM verskuif fokus na watersekerheid
GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit sê hy het alle fokus na grootmaatwateropgraderings verskuif om watersekerheid te verseker - aangesien die hele SA tans ‘n toename in watertoe-voeronderbrekings en -tekorte ervaar.
Daar is talle deurlopende projekte. Vir die 2022-2023 finansiële jaar is Kalksloot/Klippunt,voorsiening, Swartkopdam &Leseding Water Treatment Works opgegradeer na die waarde van R5.5 miljoen.
Lambrechtsdrift en Leerkranz Waterbehandelingswerke, insluitend Upington Sentrale Reservoir, sal vir die bedrag van R6,75 miljoen gedurende die 2023-2024 finansiële jaar opgeknap word.
Vliegtuigkaping by Upington Lughawe?
GEMSBOK-UPINGTON: Verlede Donderdag het die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) ‘n volskaalse noodoefening by die lughawe gehou.
‘n Moontlike kaping is by die Upington Internasionale Lughawe nageboots.
Verskeie rolspelers het aan die oefening deelgeneem.
Dit het as volg afgespeel:
ACSA kan bevestig dat die moontlike kaping van 'n Airlink-vliegtuig op 'n inkomende vlug vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe (CTIA) Donderdagoggend by die Upington-lughawe aangemeld is. 'n Kennisgewing aan Vliegtuie (NOTAM) is kort daarna deur Lugverkeernavigasiedienste (ATNS) om 09:44 uitgereik.
Man wat bejaarde oorval en beroof, vasgetrek
MARYDALE: ‘n Mensjagtog in Marydale het die arrestasie van ‘n huisroofverdagte en die terugwinning van gesteelde goedere verseker.
Op Saterdag, 14 Oktober 2023 omstreeks 17:30 het die 18-jarige verdagte die plaashuis naby Marydale binnegegaan - onder die voorwendsel om water van die bejaarde vroulike plaaseienaar te vra. Die verdagte het na bewering die 66-jarige slagoffer oorval en ernstig aangerand en in die gesig en kop gesteek.
Die verdagte het met twee selfone, voertuigsleutels, verkykers, alkohol en ‘n koelboks gevlug.