Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-DANIELSKUIL: Op Vrydag, 17 Mei 2024, het ‘n skokkende voorval homself in Daniëlskuil afgespeel en die gemeenskap  geruk.
Dit volg nadat ‘n Nigeriese man, wie as Jeff bekendgestaan het, na bewering wreed deur ‘n openbare-orde-polisie-eenheid doodgeslaan is. 
Die slagoffer is glo daarvan verdink dat hy ‘n dwelmhandelaar in die  Sloya woongebied is.
Volgens ooggetuies het die polisie-eenheid op die verdagte se huis toegeslaan, wat gelei het tot ‘n gewelddadige konfrontasie wat geëindig het in die tragiese dood van die Nigeriese man.

Read more …Buitelander glo deur polisie gedood

GEMSBOK-PABALLELO: Die liggaam van die 27-jarige Jonathan Isaks is Woensdagaand 14 Mei 2024 in ‘n brandende kamer gevind.
Daar word beweer dat ‘n familielid omstreeks 23:00 vlamme uit Jonathan se kamer opgemerk het en ondersoek gaan instel het.
Terwyl hulle probeer het om die vuur te blus, het hulle die lewelose liggaam van Jonathan in die kamer ontdek wat reeds vlamme op sommige dele van sy liggaam gehad het. 
Daar is verder ontdek dat die liggaam veelvuldige steekwonde aan die bolyf gehad het.
’n Moordsaak is vir ondersoek geregistreer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Sersant Mavimbela by 082 469 5824 kontak of anoniem op MySAPS-toepassing of Crime Stop by 08600 10111 aanmeld.

GEMSBOK-KURUMAN: Drie renosterstropers wat aan moord skuldig bevind is, nadat een van hul makkers vermoor is toe hulle die land onwettig binnegekom het, is onlangs in die Noord-Kaapse hooggeregshof verlof tot appèl geweier.
Die driemanskap – David Mitswi, Khetamile Cooper en Tebo Mogare – is tot 36 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, die onwettige besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie, onwettige toegang tot die land en die jag van ’n beskermde spesie sonder ’n permit op die plaas Barrage naby Kuruman.
Nog ‘n betreder, KJ Matshetse, is aan ‘n skietskoot in die rug dood, terwyl hy ook ‘n koeëlwond aan die been opgedoen het.

Read more …Geen appèl vir renosterstropers

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Namakwalandse gemeenskap is die afgelope week geskok deur die nuus - dat ‘n gesiene polisiekaptein, wie bekendheid vir die werk wat hy in die Suid-Afrikaanse Polisie se veediefstal en beskermde en bedreigde spesies eenheid verrig het,  gister deur die Valke op Springbok  in hegtenis geneem is. 
Karel Coetzee Du Toit, ’n kaptein in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het in die Springbok-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op verskeie aanklagte.
Die hoogssensititiewe ondersoek na die kaptein se betrokkenheid by onwetige bedrywighede in die Namakwaland, asook glo die res van Suid-Afrika, word glo al vir dekades deur die nasionale teenkorrupsie eenheid in Pretoria ondersoek.

Read more …Polisie kaptein vas vir bedrog en rits ander klagtes

GEMSBOK-UPINGTON:  Operasie Shanela, die weeklikse multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie wat op Maandag, 06 Mei 2024 tot Sondag, 12 Mei 2024 begin het, bly doelbewus en gefokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpunte waar menigte suksesse behaal en meer as 350 verdagtes in hegtenis geneem is.
Aksies en polisie-aktiwiteite wat tydens die operasies uitgevoer is, het ingesluit voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goederesmokkelary.

Read more …Meer as 350 verdagtes van tydens Shanela

More Articles …