GEMSBOK-BOEGOEBERG: Boegoebergdam sal volgens ingeligtes van 16 Junie tot 7 Julie leeggemaak wees - om voorsiening te maak vir jaarlikse instandhoudingswerk.
Beduidende werk word aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen.
Die waarnemende woordvoerder van die departement van water en sanitasie, Andile Tshona, het gesê aansienlike werk sal aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen word.
“Die instandhoudingswerk sal die regmaak van vier hidrouliese sluise, die opknapping van hidrouliese silinders en die vervanging van buigsame pype insluit,” het Tshona gesê.
Besoedeling by mall, skole en rivier ondersoek
GEMSBOK-UPINGTON: Na afloop van die ter plaatse vergadering tussen rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - vroeër vanjaar met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, het alle rolspelers ooreengestem dat ‘n onafhanklike party genader sal word om die waterkwaliteit van die hele strook, tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal ,wat onder die treinbrug in Schröderstraat, te toets - en dat ‘n oplossing volgens die bevinding gesoek sal word.
Die verslag is die afgelope week deur Fritz Bekker, van Clean Stream Enviromental Services, bekendgestel.
Vorige stortings van onbehandelde munisipale rioolwater in hierdie seisoenale stroom het gelei tot reukoorlas en die persepsie dat die oorsprong van oppervlakvloei in hierdie stroom van ‘n gekompromitteerde rioollyn is.
‘n Terreinbesoek is op 21 Mei 2024 onder-neem.
Miljoene se sigarette afgevat
GEMSBOK-UPINGTON: Die SAPD in die ZFM-distrik gaan voort met pogings om die ruimte vir kriminele aktiwiteite te minimaliseer.
Lede van Upington Grenspolisie en K9-eenheid het op Vrydag, 14 Junie 2024 gereageer op inligting oor die beweerde verkoop van onwettige sigarette by een van die winkels in Upington.
Hulle het die inligting geoperasionaliseer en die winkel is vir inspeksie besoek.
Tydens inspeksie het hulle sigarette gevind wat in ‘n stoorkamer aan die agterkant van die perseel versteek was.
Die eienaar kon egter nie fakture vir die sigarette verskaf nie en daar is beslag gelê op 153 kartonne sigarette ter waarde van R 3 901 500.00.
WNNR doen strategiese omgewingsbeoordeling vir voorgestelde Boegoebaai-hawe, SEZ
GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) sê hy lei die strategiese omgewingsevaluering (SEA) wat onderneem word vir die Noord-Kaap se beplande groenwaterstofproduksiefasiliteite in ‘n voorgestelde nuwe spesiale ekonomiese sone (SEZ), sowel as ‘n hawe, by Boegoebaai.
Die ruimtelike area vir die SEA sluit die voorgestelde hawe en die gepaardgaande SEZ - aangrensend aan die hawe en die breër Namakwa-streek in.
‘n Plaaslike-skaal SEA-studie sal die volhoubaarheid van die voorgestelde hawe en SEZ-ontwikkeling in ‘n gebied, wat verband hou met die Noord-Kaapse groenwaterstofekonomie vir die Namakwa-gebied. afgebaken deur die plaaslike munisipaliteite Richtersveld, Nama Khoi, Kamiesberg en Khâi-Ma, van ongeveer 33 500 ha evalueer, terwyl ‘n streekskaal SEA-studie volhoubaarheidskwessies sal dek.
Die WNNR sê die SEA-proses sal ‘n holistiese benadering hê wat biofisiese en sosio-ekonomiese aspekte op ‘n strategiese vlak insluit.
Drie kinders sterf in verwoestende brand
GEMSBOK-SOEBATSFONTEIN: ’n Verwoestende brand by ’n woning in Soebatsfontein in die Namakwa-distrik het die naweek die lewens van drie kinders geëis.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Hondeklipbaai ondersoek tans die voorval.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die brand Saterdagoggend omstreeks 07:00 by die koshuis uitgebreek.
Binne die huis het ’n hartverskeurende toneel homself afgespeel.
Whilnique Theorize Adonis, Waylon Gaenor Adonis en Waylene Shamiela Adonis was in hul huisie toe ‘n brand ontstaan het.
Hulle het doodgebrand.