GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke het sy finansiële hoof (HFB), Bradley Slingers, op voorsorgmaatreël skorsing geplaas hangende ’n ondersoek.
Dit volg op die beslaglegging deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van meer as R600 000 kontant, uit die finansiële hoof se voertuig, tydens ‘n padblokkade verlede week.
Slingers het gedurende kantoorure ‘n voertuig bestuur waarin die geld was
Produkte van rakke verwyder
GEMSBOK-UPINGTON: Die samewerkingspogings deur lede van Upington Grenspolisie in samewerking met Departement van Gesondheid en Paballelo SAPD het daartoe gelei dat voedselitems op Maandag, 13 November 2023 tydens ‘n inspeksie by ‘n groothandel in Upington weggedoen is.
Die fokus was op vervalste en verouderde voedselprodukte wat gesondheidsgevare vir verbruikers kan inhou.
Vioolsdrift boer kry borg
GEMSBOK-VIOOLSDRIFT: ’n 59-jarige man wat na bewering twee van sy kennisse by sy huis geskiet het, is borgtog van R5 000 deur die Springbok-distrikshof toegestaan.
Jacobus “Japie” Dawid Claassens staan tereg op twee aanklagte van moord ná die voorval wat op 31 Oktober 2023 plaasgevind het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder van die Noord-Kaap, Mojalefa Senokoatsane, het gesê die beskuldigde het homself ná die voorval aan die polisie oorgegee.
SAPD slaan weer op onwettige myners toe
GEMSBOK-KLEINSEE: Onwettige mynbou word ‘n toe-nemende risiko vir die volhoubaarheid van die mynbedryf in die Namaqua-distrik in die Noord-Kaap.
Die polisie het groot vordering gemaak in die stryd teen onwettige mynwerkers in die Namaqua-distrik, spesifiek in die Kleinsee-omgewing, deur 867 onwettige mynwerkers in hegtenis te neem tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie twee maande gelede.
Om die voortsetting van die bekamping van onwettige mynbedrywighede in die gebied te verseker, het die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, lt-generaal Koliswa Otola menslike en ander hulpbronne versterk om die herhaling van onwettige mynaktiwiteite in die gebied te voorkom.
Block uit op parool
GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte daarvan dat die Noord-Kaapse departement van korrektiewe dienste twee weke gelede - hoog en laag beloof het dat hy eers na afloop van sy minimum vonnis uitdienning vir parool oorweeg sou word - is die voormalige Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block die afgelope Vrydag op parool vrygelaat.
“Mnr. Block is op 6 Desember 2016 tot 15 jaar gevonnis vir korrupsie en geldwassery. Die paroolplasingbesluit is geneem deur die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad (CSPB) ingevolge artikel 73 van die Wet op Korrektiewe Dienste,” sê departement Singabakho Nxumalo, woordvoerder.