Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Skoolmeisie van Alabama is besig om winterklere en komberse in te samel vir mense in nood met die winter wat reeds opwagting gemaak het.
 
Kaitline Cloete (16) is ‘n finalis in die Miss Teen Africa South Africa-kompetisie, en ’n leerling aan Hoërskool Schoonspruit. 

Sy doen ‘n beroep op die gemeenskap om die liefdadigheidsprojek te ondersteun. Enige ou wintersklere is welkom, veral jasse, serpe, musse, en skoene. Hierdie items sal versprei word aan diegene in nood, veral kinders en gesinne wat swaarkry in koue omstandighede.

“Elke finalis word aangemoedig om ‘n verskil in haar gemeenskap te maak en ek is bly ek kan ‘n verskil maak,’’ het sy gesê.

Vir meer inligting of om donasies te maak, skakel haar by 083 656 5014.

Die Prisma VLU-tak het verlede maand ‘n vergadering met die tema Welwillendheid gehou. Die Matlosana Diereskuiling het die tak besoek. Die lede bedank al hul donateurs vir hul bydraes wat bygedra het tot die skuiling se fondse en ook hul besoek. Hendrina Bothma, Istella van Rhyn-Nel, Trix Parsons, Winnie Gerber, Alta Venter (middel) Karen Venter, Anita Visser, Annette Harmse, Annetjie Janse van Rensburg, Flo Groenewald, Marja Stevens en (voor) Marie Vosloo, Petru Claase, Mattie Jordaan en Marlene Grobler was teenwoordig. Maria die skaaphond is heel voor.

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die organiseerders van Amira se konsert in die stad was bekommerd dat sy te veel opera gaan sing, maar hul vrese was verniet.

Amira het in ‘n stampvol Hervormde Kerk opgetree en ‘n staande ovasie gekry. Die konsert was op Vrydagaand 9 Mei. Die jong Nederlandse sopraan met ‘n Afrikaanse ma - wat in Klerksdorp grootgeword het voor sy na Nederland verhuis het - het die gehoor bekoor met haar spontane persoonlikheid, haar liefde vir Afrikaans en ook haar geloof.

 

 

 

Read more …Klerksdorpers bekoor deur Amira

Klerksdorp Record, Bothaville - Following weeks of heavy rainfall, Grain SA and the NAMPO reassured all exhibitors, visitors, and partners that the 2025 event will go ahead as scheduled from May 13 to 16.

According to Dr Dirk Strydom, Managing Director, NAMPO, the significant rains caused temporary waterlogging in parts of the showgrounds. However, the return of sunny weather has already made a positive difference, with clear skies and drying conditions steadily improving across the site and lifting the spirits of everyone involved.

 

Read more …Nampo 2025: Full steam ahead

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Na die swaar reën die afgelope maande en die Vaalrivier wat twee keer binne etlike weke sy walle oorstroom het, sukkel inwoners om weer die stukke op te tel nou dat die vloedwater begin sak het.

Klerksdorp Rekord is bewus van heelwat vloedslagoffers wat hande in die hare sit oor die skoonmaakproses. Van hulle het alles verloor in die vloed. Ook besighede met hoë uitgawes én volgens die bestuurder van die Wawielpark Vakansieoord betaal die meeste versekeraars nie vir vloedskade nie - die skade is dus vir hul eie sak. Een van die stad se finansiële dienste wat naamloos wil bly, het dit beaam.

 

Read more …Vloedskade beloop derduisende rande

More Articles …