Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Hervormde Kerk Doringkruin se Oesfees vind vandeesweek plaas en die sterkmankompetisie trek groot belangstelling. Die fees vind op Donderdag 6 November plaas.

Die Oesfees word by die NWK-terrein op die Ventersdorppad gehou met demonstrasies van plaasimplemente, produkuitstallings en ‘n sterkmankompetisie om die koring van die kaf te skei. Sterkmanne kan in ‘n groep van twee inskryf (R250 per span) en die span wat 25 40kg sakke voermol die vinnigste agter op ‘n Hilux kan laai, wen die 1 ton voermol of die kontantwaarde daarvan.

Al die aksie is van 10:00 tot 16:00 en fondse is ten bate van die kerk. Worsbroodjies en drinkgoed sal ook te koop wees.

Om 18:00 begin die manne-aand met die skerpsketser Pieter Moller as spreker. Dit word gehou in die saal by die NWK-terrein en kaartjies is te koop teen R500 per persoon of R5 000 per tafel (met tien mense). Dit sluit ‘n ete in. Kontantkroeg is beskikbaar. Daar is ook ‘n veiling na die ete. 

Belangstellendes kan vir Otto Bruwer skakel by 082 801 8794 of vir Hanrie van Staden by 083 463 2014. Dit is ‘n fondsinsameling vir die kerk.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die jaarlikse borskanker fondsinsameling van OFM, Bowling 4 Boobies, is verlede week by Klerksdorp Rolbalklub gehou en dit was ‘n fees van pienk. 

Altesaam 42 spanne (168 spelers) het mekaar aangedurf op die bane van KBC en toe was dit tyd vir die veiling van items ten bate van borskankernavorsing. 

 

Read more …Rolballe en geld rol in

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stalletjiemark wat naweke by die Pick n Pay Hipermark gehou word, se eerste mark vir November was ‘n rasende sukses.

Tydens die mark is prominente Klerksdorpers in ‘n groot staalhok toegesluit om fondse in te samel vir die kankervereniging. Tinus van Staden, die organiseerder, was self ook vir ‘n wyle agter tralies. Hy het op Dinsdag 3 November gesê ‘n bedrag van R21 216 is aan Kansa oorbetaal.

Nellie de la Rey, afgetrede bemarkingsbestuurder van Pick n Pay, is ook toegesluit en het ‘n raps oor die R3 000 ingesamel vir die goeie saak. Sy het al haar vriende bedank wat haar help vrylaat het. Die eienaars van Pro Watch Security, sakevrou en Rotariër, Cheryl Katz, en Marius Niemand en ander, het almal bedank vir hul bydrae tot die fondsinsameling. Isak Malan is by sy besigheid inhegtenis geneem om aan die fondsinsameling deel te neem. “Dankie vir almal se bereidwilligheid en goeie gees,’’ het Van Staden gesê.

Die volgende mark is op 29 November.

31 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die organiseerders van die Klerksdorp Boekefees het die afgelope naweek ‘n nuwe kortverhaalkompetisie aangekondig. Die Sandy Schoeman-kortverhaalprys spog met ‘n prysgeld van R2 500 en die tema is Daar’s net een jy.

Die opwindende nuus is tydens hulle Daar’s net een jy-samekoms by From Shack to Sanctuary in Klerksdorp aangekondig. Susan Coetzer het oor haar boek Super C gesels en drie Klerksdorpers, Sandy Schoeman (Rooiletterkind), Petro-Odendaal-Kotze (Wanneer die krieke stil word) en Sam-Annique Lowry (Forever Yours), het meer oor hulle boeke vertel.

Read more …Boekefees vereer plaaslike skrywer

31 October 2025

Klerksdorp Record, Klerksdorp - The inaugural NW Funeral and Cemeteries Conference 2025 with the theme Challenges facing the Modern day Funeral and Cemeteries sector in South-Africa will be hosted in Klerksdorp.

The event will be held on November 25-26 with the purpose to bring industry leaders, funeral parlours and stakeholders together under one roof and have robust dialogue about the challenges and shortcomings the industry is facing. 

 

Read more …Funeral, cemetery conference next month

More Articles …