Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek is besig om momentum te kry met nog sowat 60 geskenksakkies beskikbaar.

Hulle is besig met ‘n projek om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20. Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom. 

Die grootste behoefte is nuwe klere vir die kinders en daarom is ‘n denim, t-hemp en ‘n paar skoene op elke lysie. Elke sak het ‘n naam op en die kind se klere- en skoengrootte. Skakel Mina of Martie by 018 464 1888 of 083 379 7811 om jou sakkie te kry. Alle pakkies moet op 8 Desember terug wees by die kinderhuis.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Coenie de Villiers het geen bekendstelling nodig nie.

Hy is een van die land se mees bekende kunstenaars met verskeie treffers wat strek oor dekades.

Hy tree op 20 November by NG Kerk Goudkop op in Kersfees met Coenie. Volgens die kunstenaar is Kerskonserte van sy gunsteling vertonings.

Die kaartjies kos R100 elk en kinders jonger as 12 jaar kan die vertoning gratis bywoon. Skakel 063 095 8147 om kaartjies te koop. Die vertoning sal om 18:00 begin.

Twee gelukkige lesers kan elk twee dubbelkaartjies wen! Stuur ‘n e-pos met jou kontakbesonderhede en die antwoord op ‘n maklike vraag na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die kompetisie sluit op 4 November. Die vraag: Wat is die titel van Coenie se mees bekende lied? Hy sing oor die Karoo.

 

Klerksdorp Record, Klerksdorp - With the festive season approaching, Khaya Tshepo Home of Hope for vulnerable children is collecting groceries for their Festive Food Parcels Project.

They need to fill fifty food parcels. “Please help us in making sure that, with the help of our community, our children and their families have enough to eat during the four weeks that they will be at home and not receiving their normal two nutritious meals and two snacks per day, at Khaya Tshepo,” appeals Charleen Diedericks, project manager.

 

Read more …Assist Khaya Tshepo

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die volgende Pick n Pay stalletjiemark op Saterdag 1 November word ten bate van die Kankervereniging gehou. 

Twee belangrike persone word vanjaar toegesluit in ‘n hok en word eers vrygelaat sodra ‘n stewige bedrag vir Kansa ingesamel word. 

Die organiseerder, Tinus van Staden, verklap dat Nellie de la Rey een van die tronkvoëls gaan wees en sy is opgewonde om ‘n verskil te maak. “Ek wil graag fondse insamel vir die kankervereniging en nooi al my vriende om my vir ‘n goeie doel te ondersteun,’’ nooi Nellie. Sy is ‘n pensioentrekker en was vir jare bekend as die bemarkingsbestuurder by die Pick n Pay Hipermark.

Tinus swyg nog oor wie die ‘tronk’met Nellie gaan deel, maar ‘n voëltjie het gefluit dat dit moontlik hyself kan wees. Die pret vind van 10:00 tot 12:00 by die mark in die winkelsentrum se parkeerterrein plaas.

Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar teen R120. Toegang tot die mark is gratis. Vir navrae en stalletjiebesprekings, skakel Tinus by 083 294 8077.

31 October 2025

Inwoners van Songloed het ‘n park in hul woonbuurt skoongemaak en geskraap wat dit weer toeganklik maak vir fietsryers en stappers. Songloed Buurtwag het die leiding geneem en die park tussen Endymion-, Whitfield- en Bulrushstraat en Porterlaan opgeruim. Daar is nou gedurig mense in en om die park wat die natuur geniet, terwyl die park voorheen gebruik is as ’n wegkruipplek vir skelms en ’n plek om hulle buit weg te steek. Dit is nie meer ‘n seeroog nie. 

 

 

 

 

 

 

 

More Articles …