Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Harry Nysschen snr is ‘n legende in die plaaslike motorbedryf.
Hy is op 13 Junie op 88-jarige ouderdom in die Life Anncron Hospitaal oorlede. Sy hart het ingegee en hy het op die operasietafel gesterf terwyl hy ‘n stent gekry het.
Nysschen was ‘n verkoopsman by Leba Motors in die 1960’s toe die eerste Toyota vrygestel is. Hy het van die eerste Toyotas in Suid-Afrika verkoop en het bekendgestaan as Mnr Toyota. Hy het ook later BMW’s verkoop.