Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Two members of the Youth in Agriculture and Rural Development (YARD) in the province were elected to serve in the Youth Chapter of the World Food Forum South Africa. The newly elected representatives are Thabo Makoa, who will serve as Chairperson of the Youth Chapter, and Lesedi Gaaboe, elected to the Policy and Strategy portfolio. Both leaders hail from the North West and are members of the provincial YARD leadership structure.
Coenie sing Kersmusiek
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kersfees is nou baie naby en Kersliedere sal binnekort weer oral gehoor word. Coenie de Villers tree op 20 November by NG Goudkop op by die kerk se Kerssangdiens. Hy sing al bykans veertig jaar en hy het twintig albums uitgereik, en hy is ook ‘n bekende TV-aanbieder. Kaartjies vir Kersfees met Coenie is te koop teen R100 elk en kinders jonger as 12 jaar kan die vertoning gratis bywoon. Skakel 063 095 8147 om kaartjies te koop. Die vertoning sal om 18:00 begin.
Big changes for school calendars on the cards
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The Department of Basic Education has gazetted new policy changes for determining school calendars in South Africa for public comment. The main change being implemented by the DBE is to remove all differentiation between coastal and inland schools and to formally get rid of the staggered school calendar.
Miljoene liggies flikker aanloklik
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Klerksdorpers ry elke jaar na die Potch Liggiefees toe om die asemrowende ervaring te beleef. Die fees fees vind vanjaar die tiende keer plaas en flikker helderder as ooit. Die fees vind by die Abraham Kriel Kinderhuis plaas en sal op 28 November open met ‘n vertoning deur Steve Hofmeyr. Ricus Nel sal die fees afsluit op 27 Desember.
Stadsraad nie gesteur deur hof
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - As die Matlosana Munisipaliteit nie teen Woensdag 5 November aan die Noordwes Hooggeregshof se bevel oor die Klerksdorp-rioolaanleg voldoen nie, sal AfriForum voortgaan om ’n klag van minagting van die hof in te dien.
Dit volg ná die munisipaliteit nie, soos die hof op 24 Julie vanjaar beveel het, elke drie maande ‘n omvattende verslag oor die vordering van herstelwerk, sekuriteitsmaatreëls en instandhoudingsplanne by die aanleg in Phuthaditjhabastraat ingedien het nie. Die bevel is gemaak nadat die munisipaliteit versuim het om ook aan ’n vorige bevel van 19 Januarie 2023 te voldoen.









