Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stalletjiesmark wat naweke by die Pick n Pay Hipermark gehou word, se eerste mark vir November was ‘n rasende sukses. Tydens die mark is prominente Klerksdorpers in ‘n groot staalhok toegesluit om fondse in te samel vir die kankervereniging. Meer as R20 000 is ingesamel en die organiseerder, Tinus van Staden, het gesê die finale bedrag wat oorbetaal is, sal in Klerksdorp Rekord bekendgemaak word.
Nellie de la Rey, afgetrede bemarkingsbestuurder van Pick n Pay, is ook toegesluit en het ‘n raps oor die R3 000 ingesamel vir die goeie saak. Sy het al haar vriende bedank wat die goeie saak ondersteun het. Van Staden wat ook toegesluit was saam met die eienaars van Pro Watch Security, Cheryl Katz, Marius Niemand en ander, het almal bedank vir hul bydrae tot die fondsinsameling. Die volgende mark is op 29 November.

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die Aardklopspan het Vrydagaand 31 Oktober die beste van die beste van vanjaar se fees by ’n toekenningsgeleentheid in die Kaap vereer.
Hoewel die fees nie ’n kompetisie is nie - kuns is immers grensloos - is dié pryse tog jaarliks bedoel as aansporing vir die land se kunstegemeenskap om aan te hou kuns, dikwels te midde van uitdagende omstandighede.
Read more …Aardklop se beste vertonings bekroon

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die AfriForum-tak en die Doringkruin-buurtwag het in Oktober saam met inwoners en ondernemings in Doringkruin ’n buurtvernuwingspoging aangepak. Die eerste fase van hierdie projek het reeds op 18 Oktober begin. Dié span het onder meer die gras by Murantiweg en omliggende areas gesny en daar is reeds 1.6 ha tussen Soetdoring- en Boekenhoutstraat se gras gesny. ’n Stop-teken in Soetdoringstraat is ook vervang. Volgens AfriForum, fokus die projek op die herstel en instandhouding van plaaslike infrastruktuur, insluitend die vervanging van beskadigde padtekens, verwydering van vullis, gras- en bosbeheer, asook die netjies hou van parke en openbare ruimtes. 

Read more …Inwoners kry ’n skoner Doringkruin

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die Potch Liggiefees is ‘n dekade oud en flikker helderder as ooit. Die fees vind by die Abraham Kriel Kinderhuis plaas en sal op 28 November open met ‘n vertoning deur Steve Hofmeyr. Ricus Nel sal die fees afsluit op 27 Desember. Ander musiekhoogtepunte is Kurt Darren op 12 Desember en Jo Black op 16 Desember. Die fees is die kinderhuis se grootste fondsinsamelingsprojek om te verseker dat hulle vir al 230 kinders die beste moontlike sorg kan gee en ‘n blink toekoms daarmee saam.

Read more …Liggies flikker vir die tiende keer

More Articles …