Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek is besig om momentum te kry met nog sowat 60 geskenksakkies beskikbaar. Hulle is besig met ‘n projek om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20. Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom.













