Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Meer reën in die wintergraanstreke en minder in die somerstreke het ‘n wesenlike ekonomiese impak op graanprodusente. 
Volgens Tobias Doyer, HUB Graan SA, kry die wintergraanstreke oormatige reën in sekere areas wat verliese in opbrengste tot gevolg gehad het en sodoende finansiële druk op produsente in die areas geplaas het. “In skrille kontras met die wintergraanproduksiestreke, ervaar die somergraanproduksiestreke tans groot uitdagings met droogtetoestande. Die uiterste hitte en droë toestande het veroorsaak dat die oes baie vinniger versleg, as wat aanvanklik verwag is. 
“Ons het groot gebiede waar die skade reeds onomkeerbaar is. Ons het besproeiingsmielies wat ook uitdagings ervaar weens beurtkrag asook die hitte toestande.”

Read more …Buitengewone reënpatrone veroorsaak groot skade

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Most schools in the Kosh Area are either in the process of choosing a new SGB or have already welcomed their new SGB. All schools need to reinstate a new SGB by end March. Prof Leenta Grobler, deputy director of the Business School at the North-West University, explained why it is imperative that the 2024 school governing body elections must be characterised by informed decisions: “It is essential to understand the profound impact these bodies have on the operation and culture of our schools, and ultimately on the quality of the education our children receive. Reflecting on my journey as a parent and my professional insights as the deputy director at the NWU Business School, I have come to recognise the critical role of informed participation in these elections.

Read more …Building better futures: the importance of the 2024 school governing body elections

Afrikaanse rocker Juan Boucher het Klerksdorp behoorlik geskud op Saterdag 2 Maart. Artistique Productions het sy vertoning in die Escapadesteater by Rio Casino aangebied en dit was uitverkoop. Sy sê die mense was in vervoering en het gedans en saamgesing. Juan het musiek van sy nuutste CD “Die Rower” gesing asook van sy ander musiek en selfs ‘n paar ander bekendes se liedjies. Angelique Kleynhans beskryf dit as een van haar beste vertonings en loof die akoestiek in die teater. Hier is Juan Boucher én die vol saal te sien. Foto: MPix Fotografie.

Stefaans Coetzee van Klerksdorp met sy Netwerk 24 Smaakmaker toekenning wat hy verlede week ontvang het vir die bevordering van Afrikaans en boekverkope. Hy het almal bedank wat vir hom gestem het en die prys opgedra aan lesers wat die Afrikaanse boekemark ondersteun.

More Articles …