Klerksdorp Rekord, Kleksdorp - ‘n Video van Divandré Botes wat by sy skoolkonsert dans, het sosiale media aan die brand.
Divi, soos sy ma hom noem, het verlede week aan Laerskool La Hoff se skoolkonsert deelgeneem, en so lekker lyf geswaai dat dit Melissa Odendaal, fotograaf (MPix Fotografie), se aandag getrek het. Sy het ‘n video van die seuntjie se danspassies op sosiale media gedeel en dit is nou al byna een miljoen gekeer gekyk. Sedertdien word die mannetjie vergelyk met Klein Kwagga én hy word oral herken en gelukgewens vir sy spontaniteit.














