13 Junie 2025 - Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die tariefverhogings in die nuwe begroting vir Matlosana Munisipaliteit plaas onnodige druk op inwoners.
Volgens rdl Gerhard Strydom van die DA is die munisipaliteit reeds onder die hoogste in die land wat eiendomsbelasting betref. “Die verhogings is onaanvaarbaar aangesien inwoners hier reeds meer betaal, terwyl dienslewering misluk.’’