Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – BRITS – Ná ‘n lang vakansie het die gimnaste van Illusions Gimnastiekklub in Brits, onlangs ‘n op-en-wakker gimnastiek-vertoning gelewer.
Volgens die hoofafrigter, Madré Zondagh, was die doel van die vertoning om gimnaste in aksie te kry vir die propvol program wat die jaar voorlê.
“My gimnaste is gemotiveer om, soos verlede jaar, weer groot hoogtes te bereik,”sê Madré.

Read more …Gimnaste skop jaar met mening af

Honderde mense het Sondagoggend 04:30 by die Jagkamp Restaurant en Kroeg in die Stokkiesdraai Sentrum, Brits, saamgekom om Dricus du Plessis in sy geveg teen Sean Strickland in Toronto, Kanada te kom ondersteun. Sommige ywerige ondersteuners het sommer deurnag voor die Jagkamp  vir die groot geveg gewag.

Read more …Brits ondersteun Dricus

BRITS POS – BRITS – Na ‘n jaar se harde werk op die dansvloer, is Danstique Sosiale Dansskool se dansers vir hul puik uitslae van 95% - 100% elkeen met ‘n trofee vereer. Die dansers ontvang afrigting by Barbara Scholtz en haar mede-instrukteurs, Joycey Greeff, Jean-Claud Naudé, Ivan Opperman en Kobus Scholtz.

Read more …Dansers ontvang trofeë

BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Rolbalklub het in Desember, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie, erkenning vir hul prestasie gedurende die jaar gekry.
Volgens die bestuur van die klub was 2023 ‘n uitstekende jaar, aangesien die ledetal van 39 na 50 lede gegroei het.
Die president van die klub, Lappies Labuschagne, wens al die spelers hartlik geluk met hul prestasies.

Read more …Rolballe reg vir die nuwe jaar

More Articles …