Klerksdorp Record, Klerksdorp - The City of Matlosana is ready to issue fines in accordance with municipal bylaws for those irresponsible with fireworks. This week the municipality issued a warning to residents against the use of illegal fireworks. Anyone found in contravention of the city regulations will face fines in accordance with the municipal Nuisances and Public Behaviour By-law and the National Control of Explosives/Fireworks Act.
Het jy die wenpampoen?
Klerksdorp Rekord, Cullinan – Het jy jou wenpampoen al geplant?
Die Goliat van Gat Pampoenfees 2025 wat op 15 Maart by die Pretoria Ou Motorklub op Silverton, plaasvind, is elke jaar ‘n “groot” byeenkoms. Die pitte is gekoop, geplant, gewater en word nou vertroetel in die hoop om die 2025-wenpampoen te kweek. Wat dink jy gaan 2025 se wenpampoen weeg? Gaan die vorige rekord van 890 kg verbeter word? Henri Combrink, organiseerder van die Goliat van Gat Pampoenfees, sê daar heers reeds groot opgewondenheid oor 2025 se kompetisie.
Liggiefees skyn helder
Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die Liggiefees by die Abraham Kriel Kinderfees in Potchefstroom is nou al tradisie. Die fees word elke jaar net groter en beter. Toegang is vanaf R40 en hekke maak elke aand 18:00 oop. Vrydagaand 13 Desember tree Droomsindroom op en Barto tree op 14 Desember op. Op 20 Desember is Liezel Pieters te sien, Brendan Peyper tree op 21 Desember op en Eloff op 27 Desember. Die Liggiefees duur tot 31 Desember. Daar is ook heerlike kos- en snuffelstalletjies vir besoekers.
Police ready for festive season
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The Safer Festive Season Operation Shanela continues to bring alleged perpetrators to book as we enter the start of the holidays.
Police in conjunction with other law enforcement agencies and role players arrested 880 suspects during enhanced crime prevention and combatting operations conducted between November 25 and December 1.
Ouma sien nie kans vir demensie, skiet haar
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Bejaarde vrou het haar eie lewe geneem in Hendrik Potgieterstraat nadat sy ‘n week vantevore met demensie gediagnoseer is.
Lydia le Roux (70) se seun, Mark, is oortuig daarvan dat sy ma haarself verdere lyding wou spaar. Hy woon in ‘n woonstel agter in haar erf en was nie tuis tydens die voorval Donderdagaand 28 November nie. Sy is in die badkamer gevind met ‘n skietwond in haar kop.