Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Since 2023, media reported serious allegations of corruption and maladministration against the Ngaka Modiri Molema District Executive Mayor in the North West, Cllr Khumalo Molefe, accused of extorting money from service providers for personal gain. 
According to one of the online media publications, IOL’s sources, Cllr Molefe allegedly misused these funds to construct another double-storey house, purchase a BMW for his wife, and acquire several other vehicles, including a Toyota Hilux. 

Read more …SANCO demands action against corrupt Mayor of Ngaka Modiri Molema

NOORDWESTER - LICHTENBURG – Die afgelope weke was moeilik vir baie inwoners in die Ditsobotla-distrik. Die Noordwester het met verskeie organisasie en individue gaan gesels oor hul perspektief oor die stand van sake aangaande dienslewering. 
Elkeen het sy eie manier om moeilike situasies deur te werk, maar as daar slegs een positiewe gedagte by jou posvat na die lees van gemeenskapslede se opinies, kan dit ‘n verskil maak.  
• Naudé Pienaar - Ons kry swaar saam met elke inwoner wat maande sonder water sit, vrieskas na vrieskas se inhoud wat weggegooi moet word en mense wat deur riool moet stap en koes-koes deur die slaggate werk toe strompel. 

Read more …Ditsobotla se mense sê hul sê

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Met die onlangse swaar reën het verskeie plekke in en om die dorp deurgeloop onder oorstromings. 
Die Generaal De La Rey Hospitaal het ook oorstroom. 
Dinsdag, 7 Januarie het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, die hopitaal besoek. Hy was kort en bondig: “Ditsobotla Munisipaliteit is nie funksioneel nie en en is gedurig in die nuus as gevolg van negatiewe gebeurtenisse. Nadat ons die situasie geassesseer het, is dit duidelik dat die oorstroming weens nalatigheid veroorsaak is.

Read more …Generaal De La Rey Hospitaal onder water

NOORDWESTER – COLIGNY - Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die provinsie is ernstig bekommerd oor ‘n groep betogers wat na bewering die R503 (Lichtenburg) en R503 (Hartbeesfontein) kruisings en N14-pad by Coligny na Lichtenburg versper het. 
 Die betogings was na aanleiding van ‘n  tekort  aan water in hul gebied vir die afgelope ses weke. Bogenoemde kruisings is met vragmotors en trekkers versper. 

Read more …Coligny se frustrasies loop hoog

NOORDWESTER – LICHTENBURG/COLIGNY/TLABOLOGANG – Ditsobotla Munisipaliteit het duisende inwoners oor die feestyd in die donker gelaat. Honger. Dors. Nat. Geldloos. Verotte kos. In sak en as.
Inwoners van die Ditsobotla-munisipaliteit se geduld met swak dienslewering, onder meer watervoorsiening wat ses weke gelede as gevolg van gebrekkige onderhoud aan infrastruktuur en pompe stopgesit is, het nou ook opgedroog in Coligny. Daar was ook geen elektrisiteit vir weke aaneen in Lichtenburg nie – tesame met die waterkrisis. Basiese dienste het lankal verdwyn. 

Read more …Rampspoedige feestyd vir inwoners

More Articles …