GEMSBOK-SPRINGBOK: Steinkopf Hoërskool (SHS) vier vanjaar haar merkwaardige 80ste bestaansjaar – ’n mylpaal wat herinner aan dekades van volharding, prestasie en gemeenskapsbetrokkenheid.
Sedert haar stigting in 1945 het die skool gegroei van eenvou- dige begin tot ’n trotse instelling wat nie net akademies nie, maar ook in sport en kultuur groot hoogtes bereik het.
Oor die jare het SHS se geboue verander en gegroei: van die vroeë jare in verskeie plekke, na die huidige terrein wat in 1974 betrek is, en later in 1987 uitgebrei is.
Oud-leerder van Keimoes presteer
GEMSBOK-BLOEMFONTEIN: Anri Coetzee, (nee Strauss), matriekklas van 2000, is onlangs in Bloemfontein aangewys as provinsiale wenner: Uitnemendheid in Onderwys vir Landbouvakke.
Anri is genomineer deur een van haar kollegas by Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg. Haar eerste aanbieding was in Junie vanjaar. Tydens die distrik prysuitdeling by Gariepdam, is sy aangewys as die distrikwenner vir die kategorie: Uitnemendheid in Onderwys vir Landbouvakke.
Leerders neem deel aan Winddag-kompetisie
GEMSBOK-SPRINGBOK: Leerders van skole in die Springbok en omliggende gemeenskappe van die Noord-Kaap het deelgeneem aan die Global Wind Day Schools Competition, wat ‘n praktiese benadering gebruik het om abstrakte wetenskap en omgewingskonsepte in praktiese werklike vaardighede te omskep.
Aangebied deur Kangnas-windkragaanleg, het vanjaar se uitdaging vyf plaaslike hoërskole bymekaar gebring, in ‘n kreatiewe en opvoedkundige ervaring, wat daarop gemik is om STEM-loopbane, volhoubaarheid en die toekoms van hernubare energie in hierdie deel van die land te bevorder.
LON Kultuurbye wys wat in hulle steek
Die Laerskool Oranje-Noord op Upingtnon se kultuurbye het pragtig by die Fanie Malan Kultuurfees presteer. Hulle is:
Gr. 7
* *Gea March*
Afr. Goud met lof
Eng. Goud met lof
* *Sulene Diedericks*
Afr. Silwer+
Eng. Goud
* *Miüke Barnard*
Afr. Goud
Nuwe rekenaar laboratorium vir Hoërskool Langberg
GEMSBOK-OLIFANTSHOEK: Leerders en onderwysers van Hoërskool Langberg op Olifantshoek, het onlangs die amptelike bekendstelling van ‘n splinternuwe re- kenaar laboratorium gevier, toegerus met 30 moderne rekenaars en ‘n interaktiewe skerm.
Hierdie projek, wat deur REISA Solar in vennootskap met die Kathu Solar Community Trust befonds word, verteenwoordig ‘n breër verbintenis tot die versterking van Wetenskap-, Tegno- logie-, Ingenieurswese- en Wiskunde-onderwys (STEM) in gemeenskappe, waar toegang tot digitale gereedskap steeds beperk is.








