GEMSBOK-UPINGTON: ATKV Tjokkertoneel was weer aan die brand en die Tjirpers van Fanie Malan en Op die Primêre Skool Op die Voorpos stap met fantastiese pryse weg.
Die produksies ontvang die onderskeie toekennings.
Die toekennings lyk as volg:
Beste hantering van tegniese aspekte in die produksie - Huppelkind: Dysman van Eeden en Fébé Visser
Beste regisseurs in die produksie Sweef:
Mariëtta Swanepoel en Fébe Visser
Die onderskeie produksies het soos volg gevaar:
SWEEF
Algemene toekenning: Silwer
Regie - Silwer
Mariëtta Swanepoel en Fébe Visser
Kostuums – Brons
Mariëtta Swanepoel
Marianna Swanepoel
Anja van Eeden
Stelontwerp en inkleding - Silwer
Mariëtta Swanepoel
Marianna Swanepoel
Anja van Eeden
HMO se Taurus bekoor op toneelfeeste
Die Hoërskool Martin Oosthuizen se toneelgroep het weer die afgelope tyd op die planke geskitter.
Hulle het onder andere deelgeneem aan die 47ste Logan Fraserburg toneelfees.
Benewens baie toekenning en nominasies spog die groep met nie minder nie as drie Karoo-oskars.
Fraserburg Logan
toneeluitslae:
Nominasies:
Beste tegnies (Taurus)
Beste regie (Taurus)
Beste akteur (Zander)
Beste produksie (Taurus)
Beste ondersteunende aktrise (Lisa-Mari vir Selsusters)
Xander is die nasionale wenner
Xander Venter, ‘n leerder van Hoërskool Duineveld, het die naweek deelgeneem aan die Con Spirito aanlyn finaal waar hy die landswye wenner met 98% was.
Hy het deelgeneem in die afdeling, Afr Huistaal Senior Redenaars Gr 10 -12 voorbereid.
Ander leerders van Hoërskool Duineveld wat deelgeneem het, was:
Mienke Schutte 98%.
Annah- Jane Stolper 94 %. Afr Huistaal: Redenaars, Junior afdeling gr 8 en 9 - Thorne Paul 95%
Xander is as landwye wenner genooi na die prysuitdeling, Prestige Dag op 14 September 2024 in Alberton, Gauteng.
2024 Provinsiale onderrigtoekennings
Verskeie Noord-Kaapse onderwysers is die afgelope week deur die departement van onderwys vereer vir hulle harde werk. Hulle is:
Uitnemendheid in Graad R-onderrig - Melissa Du Plessis (Gekombineerde Skool Douglas)
Uitnemendheid in Laerskool Onderrig - Ontiretse Mokae (Ditshipeng Int/Skool)
Uitnemendheid in Laerskoolleierskap- Catharina Van Zyl (Calvinia P/Skool)
Uitnemendheid in Sekondêre Skool Onderrig - Jayden Prinsloo (Vloere H/Skool)
Uitnemendheid in Sekondêre Skoolleierskap - Willem Eiman (Neilerdrift Int/Skool)
Siyafunda Education Foundation bring robotika en kodering na veraf skole
GEMSBOK-UPINGTON: Die Siyafunda Education Foundation bied die geleentheid vir robotika en kodering aan meer skole en kinders in verafgeleë skole en gemeenskappe.
Heine Kulsen (projekbestuurder in die Noord-Kaap) en Felix Spies ( uitvoerende direkteur) van Siyafunda Education Foundation, is weereens besig om Robotika en kodering aan gemeenskappe te bring, waar leerders andersins nie die geleentheid sou hê om hierdie platvorm te gebruik of te ervaar nie.
Skole in dorpe en stede en hul leerders, word aan verskeie maniere van tegnologie blootgestel - wat nie die geval is in die sogenaamde “plattelandse” gemeenskappe nie.
Hierdie organisasie wedywer al vanaf 2019 om in die Noord-Kaap veral, hierdie realiteit te verander.
Met behulp van Siyafunda en Unisa, het verskeie gemeenskappe met hul leerders, die wêreld van robotika en kodering op ‘n vlak ervaar wat vir hulle sin maak asook pret is.