Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-BLOEMFONTEIN: Anri Coetzee, (nee Strauss), matriekklas van 2000, is onlangs in Bloemfontein aangewys as provinsiale wenner: Uitnemendheid in Onderwys vir Landbouvakke.
Anri is genomineer deur een van haar kollegas by Landbouskool Hendrik Potgieter op Reddersburg.  Haar eerste aanbieding was in Junie vanjaar.  Tydens die distrik prysuitdeling by Gariepdam, is sy aangewys as die distrikwenner vir die kategorie: Uitnemendheid in Onderwys vir Landbouvakke.

Read more …Oud-leerder van Keimoes presteer

GEMSBOK-SPRINGBOK: Leerders van skole in die Springbok en omliggende gemeenskappe van die Noord-Kaap het deelgeneem aan die Global Wind Day Schools Competition, wat ‘n praktiese benadering gebruik het om abstrakte wetenskap en omgewingskonsepte in praktiese werklike vaardighede te omskep.
Aangebied deur Kangnas-windkragaanleg, het vanjaar se uitdaging vyf plaaslike hoërskole bymekaar gebring, in ‘n kreatiewe en opvoedkundige ervaring, wat daarop gemik is om STEM-loopbane, volhoubaarheid en die toekoms van hernubare energie in hierdie deel van die land te bevorder.

Read more …Leerders neem deel aan Winddag-kompetisie

GEMSBOK-OLIFANTSHOEK: Leerders en onderwysers van Hoërskool Langberg op Olifantshoek, het onlangs die amptelike bekendstelling van ‘n splinternuwe re- kenaar laboratorium gevier, toegerus met 30 moderne rekenaars en ‘n interaktiewe skerm. 
Hierdie projek, wat deur REISA Solar in vennootskap met die Kathu Solar Community Trust befonds word, verteenwoordig ‘n breër verbintenis tot die versterking van Wetenskap-, Tegno- logie-, Ingenieurswese- en Wiskunde-onderwys (STEM) in gemeenskappe, waar toegang tot digitale gereedskap steeds beperk is.

Read more …Nuwe rekenaar laboratorium vir Hoërskool Langberg

GEMSBOK-UPINGTON:Die Noord-Kaap het op die laaste dag van die G20 Indaba oor Vroeë Kinderversorging en -onderwys (VKO)gepraat.
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het suksesvol ‘n tweedaagse G20 Provinsiale Indaba oor VKO by die Sol Plaatjie Universiteit aangebied, waar belanghebbendes van die regering, die burgerlike samelewing en die privaatsektor byeengekom het om fundamentele leer te bevorder.
In die slottoespraak het die LUR vir Onderwys, mnr. Abraham Vosloo, die provinsie se verbintenis tot die versterking van VKO oor die volgende drie tot vier jaar herbevestig. 

Read more …Fokus op Vroeë Kinderversorging en -onderwys

More Articles …