GEMSBOK-UPINGTON: Op 6 Mei 2025 het Gerchand Dewald Cloete met trots sy lektors graad aan die Stadio Privaat Universiteit behaal, wat 'n mylpaal in sy akademiese reis simboliseer.
Hierdie prestasie volg op sy suksesvolle voltooiing van 'n Nasionale Besigheidsdiploma in 2024, wat sy passie vir onderwys en ontwikkeling van jong geeste verder versterk het. Gerchand, wat oorspronklik van Upington in die Noord-Kaap kom, het nie net sy akademiese drome nagejaag nie, maar het ook 'n roeping gevind in die onderwys. Hy het onlangs sy loopbaan begin as kollege-lektor by die NCRTVET Upington-kampus.
Veltie ATKV Redenaars toer na Buffelspoort en Pretoria
GEMSBOK-UPINGTON: As deel van die Afrikaans 100-feesvieringe het ATKV Jeugtak-lede ‘n opwindende toer na Pretoria onderneem.
‘n Bussie van 13 Velties en drie onderwysers het op 7 Mei vertrek en by ATKV Buffelspoort oornag. Daar het hulle na ‘n fliek van “Boelies is nie Cool nie”, gekyk en langs die warmwater swembad gebraai. ‘n Eende-gesin het saam met die leerders geswem.
Donderdag, 8 Mei, is die 100ste verjaarsdag van Afrikaans landswyd gevier.
Velties ATKV-Redenaars toer eersdaags na Pretoria
GEMSBOK-UPINGTON: Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaarsdag, is die Redenaarsgroep van Hoërskool Duineveld op pad na Pretoria.
As een van die min Afrikaansmediumskole in die land, is Duineveld trots Afrikaans. ‘n Groep van 13 leerders en 3 onder-wysers vat op 7 Mei die pad na die Noorde om ‘n Redenaar Slypskool by die Voortrekker-monument by te woon. Dit word aangebied deur die Con Spirito Kunsvereniging.
Die groep gaan tuis by ATKV-Buffelspoort. Hulle gaan onder meer deur die oord stap om die natuurskoon, boomsoorte en voëlspesies daar te ervaar.
Kinders leer skaak speel
Gedurende die vakansie het een van Bloemsmond Primêre Skool se oud-leerders, Amber Boltman, skaaklesse by die skool kom aanbied. Dit was die eerste skaakles wat Amber kom aanbied het. Die skool wil skaak deel maak van hul buitemuurse aktiwiteite. Skaak is baie goed vir die ontwikkeling van ‘n kind se brein. Dit is net so belangrik soos sport, want terwyl sport ons fisies fiks hou, verrig skaak wondere vir kinders se geestelike spiere en sal dit vir spelers ‘n wêreld van strategie en vaardigheid oopmaak wat lekker, uitdagend en voordelig is.
Intermediêre Skool Frank Biggs vier hul 100ste verjaarsdag
GEMSBOK-LOUISVALE: Honderd jaar gelede het ouers in die Louisvale-omgewing ‘n skool begin bou op grond wat wyle mnr. Frank Biggs aan die gemeenskap geskenk het.
Op 31 Maart 1925 is ‘n ongebruikte gebou beskikbaar gestel en die eer-ste skoolkomitee is saamgestel.
Vandag, net meer as 100 jaar later, het die skool, onder leiding van die prinsipaal, mnr. Wally Cloete, die groot mylpaal gevier.
Tydens die vieringe, het mnr. PJ Mettler die gaste, ouers en leerders meer vertel van die geskiedenis van die skool.
Skoolhoofde van die laaste 100 jaar was wyle mnr. John May, CA Talliard, Nicolaas Zwart en Attie (AJ) van Wyk, wat die skool vanaf 1946 tot 1981 gedien het.