Baie Upingtonners ken haar, die rooikop sangeres en sangskool juffrou van Upington. Juanita Lourens oftewel Jewels het geen bekendstelling nodig nie.
Vanaf September 2023 sing sy op sosiale media waar sy op haar Tik Tok profiel optree as die Jolende Klossiekop.
Sy het onlangs die aandag getrek van ‘n bekende Tik Tokker, @Arie, asook die digitale tydskrif Unplug. Unplug het ‘n onderhoud met haar gedoen en @Arie het verlede week ‘n ook “live” met haar gesels. So leer ken al hoe meer mense haar. Wat vir Juanita lekker is van die direkte optredes, is dat sy vir ‘n wye gehoor kan sing en dat haar gehoor boonop oor die hele land en ook oorsee is.
AJ Ferreira se Klas van ‘94 hou suksesvolle reünie
GEMSBOK-UPINGTON: Hoërskool AJ Ferreira se Klas van ‘94 het onlangs ‘n baie geslaagde reünie gehou. Dit was die eerste matrieks sedert 1988 wat ‘n reünie gehou het.
Die geleentheid het vriende van verskeie stede bymekaar gebring en dit was werklik ‘n onvergeetlike ervaring. Die reünie was ‘n viering van hul gedeelde herinneringe, vriendskappe en gemeenskap.
NK Gospel kunstenaars gaan vereer word
GEMSBOK-UPINGTON: Daar word ‘n groot Gospel prysuitdeling vir 26 September in Kimberley beplan.
Dr. Dorothy Mazingani, wie al verskeie Gospel pryse gewen het, het haar daartoe verbind om Gospel-kunstenaars in die Noord-Kaap te vereer.
Sy en haar span is besig om die Diamond Gospel Music Awards, wat in die Noord-Kaap Teater aangebied gaan word, te reël.
In ‘n onderhoud met die Gemsbok het Dorothy gesê, “Gospel kunstenaars in die Noord-Kaap word nie herken nie. Vir ander genre is daar toekenningseremonies, maar nie vir Gospel kunstenaars nie.
Dorothy is onder andere, verlede jaar aangewys as die beste vroulike Gospel kunstenaar by ‘n funksie wat in Kaapstad gehou is.
Sy noem dat almal in die Gospel-bedryf kan inskryf vir die kompetisie. Daar is 34 afdelings. Skrywers, digters, rymkletsers, Christelike sangers, radio-aanbieders ens, kan inskryf. Nominasies het reeds geopen en kan tot 15 Mei gedoen word.
Op 106 jr sit sy nog kiertsregop
Ouma Chrissie Boesak het onlangs haar 106ste verjaarsdag saam met vriende en familie gevier.
Sy is gebore op Niekerkshoop, maar het reeds in 1952 na Upington getrek. Ouma Chrissie het 10 kinders in die lewe gebring - 5 dogters en 5 seuns. Sy is die trotse ouma van 52 kleinkinders en 29 agterkleinkinders, dan is daar ook nog agter-agter kleinkinders. Ouma Chrissie geniet nog goeie gesondheid, sy is helder van verstand, hou van gesels. Dit gaan nog goed met haar en haar kinders kyk mooi na haar. Ouma Chrissie se familie wens haar God’s rykste seën toe.
VG Kerk gaan 150ste bestaansjaar vier
Die Verenigende Gereformeerde Kerk op Upington vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar en ‘n verskeidenheid van feestelike geleenthede word tans beplan om dit ‘n onvergeetlike gebeurtenis in die anale van die Kerk se ryklike geskiedenis te maak.
Die hoogtepunt van al hierdie beplande feesvieringe sal in die maand van Oktober plaasvind, het ds. Johan Julies, die konsulent van die VGK gesê.
Op die foto verskyn hy saam met die 39 nuwe lidmate van Upington, Karos en Louisvale wat Sondag, 6 April, die geskiedkundige openbare “Belydenis van Geloof” tydens dié kerk se 150ste bestaansjaar afgelê het.
‘n Verheugde ds. Julies het tydens hierdie spesiale geleentheid die Woord bedien na aanleiding van Josua 24 (“Ek en my huis sal die Here dien”), asook die Heilige Doop en Nagmaal. Heel regs verskyn Elbie Strauss, ‘n ouderling van die kerk.
* Foto: Nick Pretorius
Sylvia is hoof van die parlementêre intelligensie-oorsigkomitee
GEMSBOK-UPINGTON: Sylvia Lucas, ‘n trotste Upingtonner, is as hoof van die parlementêre intelligensie-oorsigkomitee aangestel en sal diens as voorsitter van die nege-persoon sterk Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie (JSCI), wat as die enigste parlementêre toesigkomitee in camera vergader.
Die aanstelling van die Nasionale Vergade-ring (NV) Parlementslid (LP), ‘n voormalige Noord-Kaapse premier en adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRV), is bekend gemaak in ‘n Parlementêre Kommunikasiedienste-verklaring wat saamgeval het met die beëdiging van die nuwe JSCI verlede week.
“Ry jou limo terwyl jy lewe”
GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot makietie onlangs in Rosedale het, het die gemeenskap weer stilweg daaraan herinner dat jy nie die lewe by jou verby moet laar gaan nie en elke geleentheid om fees te vier en met geliefdes te deel - moet aangryp.
Die viering van Ouma Mieta Malgas se 80ste verjaarsdag, toe haar kinders en kleinkinders uit hul pad gegaan het om haar soos ‘n “Queen for a day” te laat voel - het sommer gou ontaard in ‘n drie dae lange feesviering.
‘n Vrou in die manswêreld, maar sy staan nie ‘n tree terug nie
GEMSBOK-UPINGTON: Klein maar getryn, lui die spreekwoord, maar Roné van der Merwe is baie meer as net dit, sy het die spreekwoordelike staal in haar pype. Sy is vrou in die tradisionele manswêreld, maar sy staan nie ‘n treë terug nie.
Roné is een van vier vakleerlinge by North Western Ford op Upington en haar drome strek ver.
Wanneer haar kontrak tot ‘n einde kom en sy ‘n gekwalifiseerde tegnikus is, wil sy verder kwalifiseer in ‘n meer gespesialiseerde rigting. Eendag wil sy nog haar groot droom verwesenlik, deur in die wêreld van motorsport te werk.
Denise van Niekerk Londte, handelaarsbestuurder by North Western Ford, sê dis ‘n plesier om Roné by hulle span te hê. Sy is baie leergierig en fluks. “Ons stuur net vakleerlinge op ‘n kursus wat wys dat hulle wil werk en wil leer,” het Denise gesê.
Bejaardes maak saak
GEMSBOK-KURUMAN: VLV Kuruman se projek vir 2025 is Bejaardes Maak Saak. Alta Roets (Saamroeper: Gesondheid, VLV Kuruman-tak) het 'n projek van stapel gestuur om vroetelvoorskote, vroetelmoue en ander handgemaakte items, spesifiek vir Alzheimer pasiënte in die omgewing uit te deel.
Die sensoriese stimulusie van hierdie tipe items hou die pasiënte se verstand besig en verbeter gevolglik hulle gemoedere.
Nuwe Kathu-bestuur wil swak vullisterreine, kragprobleme en stukkende straatligte takel
GEMSBOK-KATHU: Die nuutverkose bestuur van AfriForum se Kathu-tak wil hul fokus plaas op vullisterreine wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie, die voortdurende kragprobleme wat die dorp lamlê en op die talle straatligte wat buite werking is.
Die nuwe bestuur is op 11 Maart tydens ’n vergadering in Deben verkies en verteenwoordig die gemeenskappe van Deben, Olifantshoek en Kathu.
Christen Gemeente kies Mnr en Mej Soverby
GEMSBOK-KEIMOES: Die Christen Gemeente in Soverby het onlangs hul jaarlikse Mnr en Mej. Soverby gehou.
Die geleentheid is gereël deur die Sondagskool juffrouens,Yvonne Klaaste en Dina de Wee. “Hierdie fondsinsamelingsprojek is elke jaar ‘n wenner,” sê Yvonne Klaaste. Sy voeg ook by om te sê dat die eintlike doel van die kompetisie is om kinders selfvertroue te leer op ‘n jong ouderdom. Sy gaan verder, “ons leer ook die jongspan deur aan hulle te wys dat elkeen wat deelneem ‘n wenner in die lewe is.”
Die kompetisie het plaasgevind by die Soverby kerk en het heelwat mense getrek. Die beoordelaars was van Kakamas en het nie die kinders geken nie.
Kalahari Oumotorklub (KOMK) trakteer erelede met spesiale ontbytrit
GEMSBOK-UPINGTON: Die Kalahari Oumotorklub is in 2009 gestig met ‘n totaal van 21 stigterslede.
Ses van hierdie stigterslede het intussen erelede van die KOMK geword. Hulle is Toit Fouché, Trompie Burger, Ferdie Postma, Neels Goussard, Kobus van der Walt en Theo Wilcox.
Alhoewel sommige van hierdie erelede nie meer so mobiel is nie maar steeds ‘n aktiewe belangstelling in die aktiwiteite van die KOMK het, is daar besluit om as blyk van waarde-ring vir hulle jarelange bydrae aan die KOMK ‘n spesiale ontbytrit op Saterdag 15 Maart 2025 te onderneem, waar hulle trakteer is om saam met ander lede in hulle veteraanmotors te ry en ‘n ontbyt in die natuur te geniet.