GEMSBOK-AUGRABIES: Augrabies Waterval Nasionale Park het verlede week weer die gewilde Kids in Parks-program aangebied.
Dit is die eerste keer sedert COVID 19 wat die program weer vir talle kinders uit die omgewing gehou is.
Kids in Parks is 'n ten volle befondsde, drie dae en twee nagte, program. Dertien skole uit die Keimoes-omge-wing het deelgeneem en het dit baie geniet om oor hul natuurlike en kulturele erfenis te leer.
Van die vele hoogte-punte is, onder andere om dierespesies soos kameelperde en bobbejane vir die eerste keer in hul lewens te sien en in 'n tent uit te kamp.
Aggeneys hoërskoolleerders verwelkom die energydrive-bus
GEMSBOK-AGGENEYS: EnergyDRIVE, ’n opvoedkundige inisiatief deur die hernubare-energiebedryf, het sy reis in die Noord-Kaapprovinsie begin en in die klein dorpie Aggeneys aangekom.
Dit is die eerste stop op sy reis oor Suid-Afrika se groen energiekaart.
Vanaf Kaapstad het die 2023 EnergyDRIVE-bus by Hoërskool Aggeneys aangekom, waar opgewonde leerders rondom die ikoniese geel “edu-tainer”-bus saamgedrom het.
Die hart van hierdie program is om betrokke te raak en op te voed, met ‘n sterk fokus om die volgende generasie te inspireer.
Yandi Mac Donald, ‘n graad 9-leerder van Aggeneys Hoërskool, het haar gedagtes gedeel en gesê: “Ek het dit fassinerend gevind om die verskillende metodes van energieproduksie te ontdek en die werking van die hele stelsel te verstaan.
Modelle in Teen-Boelie Veldtog
GEMSBOK-KAKAMAS: Die afgelope maand is internasionale boeliebewustheidsmaand regoor die wêreld gevier. Drie modelle van Kakamas, Junior Steenkamp, CJ Herridge en Zelmeri Herridge, het deelgeneem aan hulle modelagentskap, Catwalk Models International, se - teen boelie veldtog.
Die emosionele en fisiese pyn wat deur afknouery veroorsaak word, kan uitputtend wees, maar hierdie gedrag is steeds volop in skole wêreldwyd, volgens ‘n nuwe verslag deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) wat ‘n beroep doen op alle kinders om toegang te hê na ‘n “veilige, inklusiewe” leeromgewing.
Hoërskool Kathu Spelfiësta
GEMSBOK-KATHU: Twee van die Hoërskool Kathu se leerders het aan die jaarlikse spelfiësta te Hoërskool Sentraal, aan die Senior-kategorie(graad 10-12) deelgeneem.
Hulle het ongelooflik goed gevaar.
Hoërskool Kathu Modelwerk
Hoërskool Kathu se eie Mej Noord-Kaap Tiener 2023/24, Minke Barendse (gr. 9), het die afgelope skoolvakansie aan SACOPA - South African Championship of Performing Arts - in Rustenburg deelgeneem.
Minke het ‘n goue medalje in die Modelwerk afdeling verwerf en het ook gekwalifiseer vir die SA-Span wat in Julie 2024 aan die Wêreld Kampioenskappe in Los Angeles - in die VSA - gaan deelneem.