RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Omgee-fees en Love Run is voorwaar `n fees van onvoorwaardelike liefde en omgee. Indien jy betrokke wil raak is jy welkom, want sien, hier gaan dit nie oor `n kerk of `n organisasie nie, maar eerder oor omgee-hartsmense wat hande vat vir die groter doel van omgee. Die fees skop om 07:00 af met die sewende Love Run, waar jy slegs `n blikkie of 10 nie-bederfbare kos saambring as registrasie, om honger gesinne van `n voorraad kos te voorsien vir `n tydperk. `n Propvol vermaaklikheidsprogram word aangebied deur skole, dansgroepe en kunstenaars; alles ter wille van omgee. `n Netbaltoernooi, modelkompetisie, stalletjies om van te kies en keur, sowel as `n opwindende en veilige speelarea vir die kleiner kinders.
Oktoberfest by Brauhaus
RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Maak ‘n kruis in die dagboek vir eerkomende Saterdag (14 Oktober) se Oktoberfest by Brauhaus Afrika. Die dag beloof om ‘n viering van die lente en ‘n warm inleiding vir die somer te wees onder die Afrika hemel met groot feestente, brasmusiek en aansluitende mark. Cantina Brass gaan die verhoog domineer met hulle energieke repertoires.
Die organiseerders het hulle al menigde keer op die verhoog ervaar en besluit dat hierdie passie na Rustenburg toe moet kom. Die orkes beperk hom nie na ‘n spesefieke styl nie en het sy eie, unieke klank ontwikkel sedert dit in 2014 gevorm is.
Maricoboer se Tswanakommentaar het land aan die praat
RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - ‘n Afrikaanssprekende boer van Groot-Marico het die land aan die praat en verbaasde Tswanasprekende gemeenskappe aan die luíster met die gemak waarmee hy die afgelope twee dekades al sokker- en rugbykommentaar in Tswana oor die SAUK se radio- en tv-senders laat ego. Noudat die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk in volle swang is, het Reinier se Tswanakommentaar egter in ‘n sensasie ontaard! Reinier Swart is ‘n man wat soos hy dit stel “Tswana kon praat voordat hy sy eie Moedertaal magtig was.
Stap vir Kanker
RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op Saterdag 28 Oktober word ‘n “Stap vir Kanker” by Koster Skool deur Uitreik vir Kanker (fondse word ingesamel vir kankerpasiënte wat nie mediesefonds het nie) aangebied.
Skryf in en “Stap vir Kanker” om die rugbyveld. Wegspringtyd is 08:00, wees dus 07:30 gereed. Daar gaan ook verskeie kosstalletjies wees en inskrywings beloop: R50 vir 5km, R100 vir 10km, R150 vir 15km en R200 vir 20km.